A­bra­hams sê van­dag oor klag­te teen Zu­ma

Beeld - - 2 Nuus Jou Wêreld, Jou Koerant - Ü­gen Vos

Adv. S­haun A­bra­hams, na­si­o­na­le di­rek­teur van o­pen­ba­re ver­vol­ging, sal van­dag sy stil­te ver­breek oor die klag­te van kor­rup­sie, be­drog, geld­was­se­ry en af­per­sing teen pres. Ja­cob Zu­ma.

Die DA het ver­le­de week sy voor­leg­gings oor die kor­rup­sie­klag­te teen Zu­ma in­ge­dien, maar is mee­ge­deel dat A­bra­hams oor­see is.

Dié par­ty sê in sy voor­leg­gings waar­om Zu­ma on­mid­del­lik op die klag­te teen hom ver­volg moet word.

Ja­mes Sel­fe, voor­sit­ter van die DA se fe­de­ra­le raad, sê hul­le het aan A­bra­hams ge­skryf om Zu­ma se ver­toë te be­kom so­dat hul­le se­ker kan maak A­bra­hams se be­sluit is “ra­si­o­neel en wet­tig”.

M­mu­si Mai­ma­ne, lei­er van die DA, het A­bra­hams aan­vank­lik tot 16:00 ver­le­de Vry­dag kans ge­gee om te re­a­geer.

A­bra­hams het eg­ter nie ge­re­a­geer nie “om­dat hy vir amp­te­li­ke sa­ke oor­see is”.

Sel­fe be­vraag­te­ken dié amp­te­li­ke sa­ke en be­stem­pel A­bra­hams se ge­drag as ont­wy­kend.

Vol­gens Sel­fe is dit be­lang­rik dat die ver­toë o­pen­baar ge­maak word in ag ge­no­me die noue band tus­sen A­bra­hams en Zu­ma. Die DA sal hom weer tot die hof wend as hy re­ken A­bra­hams tree ir­ra­si­o­neel op in sy be­sluit.

“Ons het nie die af­ge­lo­pe 8½ jaar in die ho­we deur­ge­bring bloot om toe te sien dat ’n on­om­won­de be­sluit deur die hoog­ste ho­we in die land deur ’n ir­ra­si­o­ne­le ad­mi­nis­tra­tie­we be­sluit on­ge­daan ge­maak word nie,” sê Sel­fe.

“Die DA sal nie rus voor­dat pres. Zu­ma in die hof te­reg­staan nie. A­bra­hams moet die reg­te ding doen: Hy moet die klag­te her­in­stel.”

Die DA se saak be­rus daar­op dat dit nie aan ’n staats­amp­te­naar oor­ge­laat moet word om een­sy­dig te be­sluit om straf­reg­te­li­ke klag­te te­rug te trek na­dat die klag­staat ge­fi­na­li­seer is nie.

Dié be­sluit be­hoort vol­gens Sel­fe ra­si­o­neel ge­neem te word deur ’n hof met die reg om reg­ter­li­ke oor­sig uit te oe­fen.

’n Vol­bank reg­ters van die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria het in A­pril 2016 be­ves­tig die be­sluit om die klag­te teen Zu­ma te laat vaar, was ir­ra­si­o­neel. Die hof het be­slis die be­sluit om klag­te in dié ge­val te laat vaar, be­hoort deur die hof ge­neem te word.

Sel­fe het ver­le­de maand in ’n ver­kla­ring ge­sê die klag­te teen Zu­ma moes da­de­lik ná dié hof­uit­spraak her­in­ge­stel ge­word het.

Vol­gens hom het Zu­ma toe be­sluit “om nog tyd en die be­las­ting­be­ta­lers se geld op lig­sin­ni­ge ap­pèl­sa­ke te ver­mors”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.