Mu­siek, bier en Se­wes!

KAAP REG VIR TOER­NOOI 115 000 men­se word ver­wag

Beeld - - Jou Wêreld, Jou Koerant ,nuus 3 - Mar­li van Ee­den

Ver­maak, bier en rug­by van vroeg­dag tot wan­neer die son sak.

Dit is op die spys­kaart wan­neer dui­sen­de rug­by­on­der­steu­ners mô­re en Son­dag op die Kaap­stad-sta­di­on gaan toe­sak vir die HSBC Ca­pe To­wn 7’s­toer­nooi.

“Kaart­jies vir die by­een­koms is in ’n re­kord­tyd uit­ver­koop,” sê De Jongh Bor­chardt, se­ni­or be­stuur­der van kom­mu­ni­ka­sie van SA Rug­by.

Ju­rie Roux, uit­voe­ren­de hoof van SA Rug­by, sê hul­le is baie op­ge­won­de oor die ek­stra kaart­jies wat ver­koop kon word. “Ons het met die sta­di­on-o­pe­ra­teurs saam­ge­werk om by­ko­men­de sit­plek­ke in te ruim van­weë die ge­wild­heid van die toer­nooi,” sê Roux.

On­ge­veer 115 000 men­se word ver­wag.

Die Kaap­se stads­raad maan mo­to­ris­te dat die paaie om die Kaap­stad-sta­di­on die na­week ge­sluit sal wees. Die paaie sluit in V­leistraat, F­ritz Son­nen­berg­weg en S­te­phan Way- en Fort Wyny­ard-straat.

Men­se word aan­ge­raai om hul roe­te te be­plan en waar moont­lik o­pen­ba­re ver­voer te ge­bruik.

Daar sal geen o­pen­ba­re par­keer­plek by die sta­di­on wees nie, maar daar sal wel par­keer­plek in die sen­tra­le de­le van Kaap­stad wees.

Mô­re ná 13:00 en die he­le Son­dag is die o­pen­ba­re par­keer­plek gra­tis. Be­taal­par­keer­plek is ook be­skik­baar by die V&A Wa­ter­front.

Toe­skou­ers kan die gra­tis MyCi­ti-pen­del­bus­sies van en na die sta­di­on ge­bruik. Die bur­ger­sen­trum se bus­sies ry tus­sen 08:00 en 22:15 en T­hi­bault­plein in Hans S­tri­j­dom­laan s’n tus­sen 09:00 en 22:15.

Toer­nooi­kaart­jies moet ge­toon word. Vir al­le an­der MyCi­ti­diens­te word ’n MyCon­nect­kaart be­no­dig.

SA Rug­by sê die hek­ke maak mô­re om­streeks 09:00 oop en die eer­ste wed­stryd be­gin 10:15.

Die laas­te wed­stryd is 19:56 en ein­dig om­streeks 20:18.

Die hek­ke maak die Son­dag ook 09:00 oop en die eer­ste wed­stryd be­gin 10:36.

Die eind­stryd word 19:30 ge­speel. Die tro­fee-oor­han­di­gings­pleg­tig­heid be­gin om­streeks 20:00.

Die B­lits­bok­ke speel mô­re 12:49 teen Rus­land, 16:10 teen Frank­ryk en 19:56 teen Ke­nia.

Rug­by is wel nie al waar­na toe­skou­ers kan uit­sien nie. On­der an­de­re Pax­ton Fie­lies (I­dols SA se 2017-wen­ner), die Black Tie En­sem­ble, Ge­or­ge A­vaki­an en Jim­my Ne­vis sal sorg vir ver­maak.

Die Kid­dies Vil­la­ge en Club V sal van 11:00 tot 19:00 op al­bei dae van die toer­nooi oop wees om die jon­ges be­sig te hou. Toe­gang is gra­tis vir al­le kin­ders van twee tot tien jaar oud.

Son­dag van 10:30 tot 14:00 sal ’n win­kel, S­treet S­to­re, in So­mer­set­weg langs die lek­ker­loop­roe­te oop wees waar men­se kle­re vir ha­we­lo­ses kan skenk.

SA Rug­by sê daar sal ’n ver­skei­den­heid kos en drink­goed te koop wees by on­der meer ’n Cas­t­le La­ger-bier­tuin, Wool­wort­hs en Nan­do’s.

Daar sal ook kits­ban­ke be­skik­baar wees.

Geen kos of drink­goed wat bui­te die sta­di­on ge­koop is, word in die sta­di­on toe­ge­laat nie.

Wa­ter kan in die sta­di­on ge­koop word.

Geen vu­vu­ze­las en an­der mu­siek­in­stru­men­te word toe­ge­laat nie en vuur­wer­ke, sam­bre­le en vuur­wa­pens is ver­bo­de.

Toe­skou­ers kan son­ni­ge weer die na­week ver­wag. Vol­gens die Suid-A­fri­kaan­se Weer­diens gaan mô­re ’n mak­si­mum van 25 °C be­reik en Son­dag ’n mak­si­mum van 27 °C.

Vir al­le nood­ge­val­le by die HSBC Ca­pe To­wn 7’s-toer­nooi, ska­kel die nood­lyn by

021 430 7389.

Fo­to: GETTY IMAGES

Die gees in die Kaap­stad­sta­di­on is al­tyd ’n hoog­te­punt vir toe­skou­ers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.