T­wee is Kers­fees en Nu­we­jaar in die tronk

T­wee is Kers­fees, Nu­we­jaar in tronk

Beeld - - Voorblad - Je­a­nel­le G­rey­ling

Selfs die so­ge­naam­de doodskis­be­skul­dig­des se slag­of­fer was gis­ter ver­baas dat sy aan­ran­ders in die fees­tyd in die tronk gaan slaap.

Wil­lem Oost­hui­zen (30) en T­heo Jack­son (29) het in die rond­gaan­de hoog­ge­regs­hof in Mid­del­burg, M­pu­ma­lan­ga, aan­soek ge­doen om borg­tog han­gen­de hul ap­pèlaan­soek om hul von­nis­se te laat ver­kort, maar dit is van die hand ge­wys.

Waar Wil­lem se vrou, C­hané, gis­ter­og­gend ge­gig­gel het, het sy die mid­dag her­haal­de­lik ge­gryns­lag toe reg­ter Se­go­pot­je S­hei­la Mp­hahle­le haar re­des vir die be­sluit aan­ge­voer het.

“Die mees­te van die kwes­sies wat (in die pe­ti­sie voor die ap­pèl­hof) ge­lug is, is die­self­de kwes­sies wat hul­le voor my ge­lug het in hul aan­soek om teen die skul­dig­be­vin­ding en von­nis te ap­pel­leer,” het Mp­hahle­le ge­sê.

“Een van dié kwes­sies is dat (Wil­lem) vir sy ge­sin sorg deur vrug­te en groen­te te ver­koop, maar hy het in sy ge­tui­e­nis ge­sê dat niks sy vrou ver­hin­der om vrug­te en groen­te te ver­koop nie. Die vrou sal dus fi­nan­si­eel vir haar ge­sin kan sorg.”

C­hané het hier­op ge­gryns­lag, en ook toe Mp­hahle­le sê sy glo die ap­pèl­hof sal ook tronk­straf aan die be­skul­dig­des op­lê weens die be­wy­se, aard en erns van hul mis­da­de.

Toe Mp­hahle­le sê borg­tog word ge­wei­er, het C­hané met haar ge­sig in haar han­de ge­sit.

Wil­lem, T­heo en dié se vrou, Re­a­nie, het strak voor hul­le uit­ge­staar. Die ho­for­don­nan­se het die boeie wat hul­le die og­gend af­ge­haal het, weer aan­ge­bring en die t­wee is na die tronk­sel­le be­ge­lei.

Re­a­nie het ’n hui­len­de C­hané ge­troos.

On­der­steu­ners van die slag­of­fer, Victor Mlotshwa, het ge­juig en Mlotshwa is met ’n glim­lag by die hof uit.

“Ek is baie bly oor die be­sluit wat die reg­ter van­dag ge­neem het,” het Mlotshwa ná die tyd ge­sê. “Dit het my ver­ras.”

Ma­ri­us Coert­ze, Oost­hui­zen se pro­ku­reur, was net so ver­baas oor die “te­leur­stel­len­de uit­spraak”.

“Ek het ge­dink dat die reg­ter die aan­soek sou toe­staan, want haar be­slis­sing in die aan­soek tot ver­lof om ap­pèl was baie swaar en dit be­hoort nie so te ge­wees het nie.

‘‘

Ek is baie bly oor die reg­ter se be­sluit.

— VICTOR MLOTSHWA

“Dui­de­lik wil sy nie ver­lof tot ap­pèl toe­staan nie, so ons sal moet wag en kyk of die reg­ters in die ap­pèl­hof die­self­de me­ning het as sy,” het Coert­ze ge­sê.

“Ek wil die reg­ter nie kri­ti­seer nie, maar ek wil graag weet wat haar re­ak­sie gaan wees as die be­skul­dig­des wel ver­lof tot ap­pèl kry. Gaan sy dan er­ken sy het ’n fout ge­maak? Want dui­de­lik wil sy nie er­ken dat sy ’n fout kán maak nie.

“Dui­de­lik sê sy sy’s reg en dat geen an­der hof tot ’n an­der be­slis­sing kan kom nie.”

Toe ’n joer­na­lis vra of die be­skul­dig­des Kers­fees en Nu­we­jaars­dag in die tronk gaan deur­bring, het Coert­ze ge­sê: “Ja, ja. Ons ver­wag nie ’n re­ak­sie van die ap­pèl­hof tot ein­de Ja­nu­a­rie nie.”

Oost­hui­zen en Jack­son is tot on­der­skei­de­lik 11 en 14 jaar tronk­straf ge­von­nis na­dat hul­le in Au­gus­tus daar­aan skul­dig be­vind is dat hul­le Mlotshwa in ’n doods­kis ge­dwing en ge­dreig het om hom aan die brand te steek.

Hul­le het Del­ton Sit­ho­le op die­self­de dag in ’n af­son­der­li­ke voor­val aan­ge­rand.

Hul­le is skul­dig be­vind op t­wee aan­klag­te van aan­ran­ding met die doel om erns­tig te be­seer en een elk van po­ging tot moord, in­ti­mi­da­sie en ont­voe­ring.

Jack­son is ook skul­dig be­vind aan regs­ver­y­de­ling om­dat hy die kis ver­brand het.

Fo­to’s: JE­A­NEL­LE G­REY­LING

'n Te­vre­de Victor Mlotshwa loop by die hof uit na­dat borg­tog ge­wei­er is.

Re­a­nie Jack­son en C­hané Oost­hui­zen in die hof in Mid­del­burg.

Wil­lem Oost­hui­zen en T­heo Jack­son gis­ter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.