Aus­sies wil 20 my­ne in M­pu­ma­lan­ga be­gin

Beeld - - Nuus - E­li­se Tem­pel­hoff

Om­ge­wings­be­wus­tes, toe­ris­me­on­der­ne­mings, in­wo­ners en bos­bou­maat­skap­pye in M­pu­ma­lan­ga is in kon­flik met S­to­ne­wall Mi­ning, ’n Aus­tra­lie­se myn­groep wat on­der meer goud en sil­wer in Sa­bie en Pel­grims­rus wil myn.

Die myn­groep wil teen ein­de vol­gen­de jaar met die eer­ste van ’n be­oog­de 20 my­ne oor ’n ge­bied van 60 km be­gin.

Dr. S­ha­ron Pol­lard, di­rek­teur van die Ver­e­ni­ging vir Wa­ter en Lan­de­li­ke Ont­wik­ke­ling (A­ward), het gis­ter ge­sê as myn­bou in die Bo-B­ly­de­ri­vier en die Sa­bie­ri­vier se op­vangs­ge­bied voort­gaan, sal ’n “he­le klomp om­ge­wings­be­gin­sels oor­tree word”.

Een daar­van is die be­gin­sel dat toe­koms­ti­ge ge­slag­te ’n reg het op skoon wa­ter en ’n ge­son­de om­ge­wing, sê sy. “Wat meer is, men­se wat stroom­af van die voor­ge­stel­de myn­be­dry­wig­he­de woon, sal al­les ver­loor. Daar is net te veel ge­meen­skap­pe en plaas­li­ke e­ko­no­mie­se ak­ti­wi­tei­te stroom­af van die B­ly­de­ri­vier om hier­die ri­si­ko te neem.”

S­to­ne­wall Mi­ning, moe­der­maat­skap­py van die his­to­rie­se Trans­vaal Gold Mi­ning E­sta­te (TGME), sê op sy web­werf hy wil ’n “o­li­fant wak­ker maak” in die om­ge­wing van Sa­bie en Pel­grims­rus waar daar 130 jaar ge­le­de goud­myn­be­dry­wig­he­de was.

Ron T­hom­son, be­stu­ren­de di­rek­teur van die myn­groep, sê op S­to­ne­wall se web­werf: “Ons noem die TGME-pro­jek ’n o­li­fant­veld om­dat dit vroe­ër ja­re – so­wat 130 jaar ge­le­de – een van die groot­se (en ryk­ste) goud­vel­de in Suid-A­fri­ka was.”

Hy sê die goud wat hier uit­ge­haal sal word, is van ’n be­son­der hoë graad.

Vol­gens Ela­ne Bo­tha, S­to­ne­wall en TGME se regs­ver­teen­woor­di­ger, ska­kel die myn­groep sy pro­spek­teer­reg­te na myn­reg­te om. Sy sê o­pen­ba­re ver­ga­de­rings is al met tal­le rol­spe­lers in Sa­bie en Pel­grims­rus ge­hou.

Pol­lard sê dit is kom­mer­wek­kend dat Aus­tra­li­ërs die mees­te be­voor­deel gaan word, ter­wyl Suid-A­fri­ka­ners met die ge­ëks­ter­na­li­seer­de kos­te op­ge­skeep gaan sit.

Pol­lard sê A­ward ver­staan dat die myn­huis tal­le my­ne gaan o­pen. Van hul­le gaan in die Bo-B­ly­de­ri­vier wees en sal strek tot by die Bour­ke’s Luck­kolk­ga­te. T­wee my­ne in die B­ly­de­ri­vier se op­vangs­ge­bied gaan glo on­der­deur die B­ly­deen die T­reur­ri­vier loop. T­wee on­der­grond­se my­ne wat on­der die B­ly­de­ri­vier-ca­nyon en die Mor­gen­zon­woud-na­tuur­re­ser­vaat sal loop, word ook be­plan.

“In die Bo-Sa­bie­ri­vier se op­vangs­ge­bied word my­ne ook be­plan na­by die Sa­bie- en die K­lein-Sa­bie­ri­vier.”

Vol­gens T­hom­son wil die myn­huis al­le “goed­keu­rings” aan die be­gin van 2018 kry so­dat be­dry­wig­he­de aan die ein­de van 2018 kan be­gin.

Fer­di Pie­ter­se, om­ge­wings­kon­sul­tant, sê die mees­te van die be­oog­de myn­bou­be­dry­wig­he­de is on­der­gronds. “Net ’n k­lein deel, die so­ge­naam­de Vaal­hoek-deel van so­wat 9 ha (18 rug­by­vel­de), sal ’n oop­groef­myn wees.”

Die myn­groep wil ook sink en ko­per myn.

Vol­gens GPS News, ’n koe­rant van die om­ge­wing, sal

2 205 t erts in die myn se piek­tyd ge­myn word. Vrag­mo­tors sal 82 keer heen en weer tus­sen Sa­bie en Pel­grims­rus met vrag­te erts ry. Vol­gens die koe­rant is die B­ly­de­ri­vier die e­nig­ste “on­ge­rep­te” tak van die erns­tig be­soe­del­de O­li­fants­ri­vier, wat deur die Kru­ger­wild­tuin tot in Mo­sam­biek vloei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.