Man uit hos­pi­taal ná kui­er­plek­houe

Beeld - - Nuus - Seug­net van Zyl

Lou­is Pie­naar (38), wat lank in ’n ko­ma was na­dat hy by­na ’n maand ge­le­de by ’n P­re­to­ri­a­se nag­klub aan­ge­rand is, is die na­week uit die hos­pi­taal ont­slaan.

“Hy is wak­ker en hy praat, maar on­sa­me­han­gend. Hy loop, maar nog nie be­hoor­lik nie,” sê sy pa, Pi­ne.

Lou­is kry spraak-, ar­beids-, en fi­si­o­te­ra­pie. “Hy sal van voor af moet leer praat en loop.”

Hy was in die waak­een­heid van die Li­fe Wil­gers­hos­pi­taal aan ’n a­sem­ha­lings­ma­sjien ge­kop­pel.

Dok­ters was ver­al be­kom­merd oor die bloe­ding links voor op sy brein wat sy spraak aan­tas.

Lou­is is op 11 No­vem­ber vroeg­og­gend bui­te Ma­di­son A­ve­nue in Lynn­wood­weg glo deur Dy­lan van der Walt (20), ’n los­voor­spe­ler van die Blou Bul­le se o.21-span, aan­ge­rand. Lou­is en sy neef, Chris­ti­an Cron­jé, het die Vry­dag­aand daar ge­kui­er.

Die po­li­sie on­der­soek ’n klag van aan­ran­ding met die doel om erns­tig te be­seer. Al die ge­tui­e­ver­kla­rings is af­ge­neem en die dos­sier is by die staats­aan­kla­er, het kapt. Il­ze Jo­nes, po­li­sie­woord­voer­der, ge­sê.

Ja­c­ques Die­mie­niet, Van der Walt se pro­ku­reur, was nie om kom­men­taar be­skik­baar nie.

Lou­is, ’n in­lig­tings­teg­no­lo­gie­be­stuur­der, sy B­rit­se vrou, Coryn­ne, en hul seuns, A­den (6) en Finn (3), het so­wat drie maan­de ge­le­de van Ba­sing­sto­ke in die sui­de van En­ge­land na SuidA­fri­ka ver­huis.

Lou­is Pie­naar en sy vrou, Coryn­ne, en hul seuns, A­den (6) en Finn (3).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.