UJ­rek­tor on­der­soek oor bo­nus­se

Beeld - - Nuus - Han­nes Kru­ger

Be­we­rings van fi­nan­si­ë­le on­ge­rymd­he­de is teen prof. Ihron Rens­burg, uit­tre­den­de vi­se­kan­se­lier van die U­ni­ver­si­teit van Jo­han­nes- burg (UJ), ge­maak, het die u­ni­ver­si­teit be­ves­tig.

“Die be­weer­de on­ge­rymd­he­de het te doen met die be­ta­ling van bo­nus­se aan Rens­burg wat deur die u­ni­ver­si­teits­raad goed­ge­keur is. Dit is in­be­taal in sy na­vor­sings­trust­re­ke­ning waar­by sy per­soon­li­ke kre­diet­kaart be­trok­ke is,” lui ’n ver­kla­ring van die u­ni­ver­si­teit.

Die u­ni­ver­si­teit wou nie oor die be­weer­de on­ge­rymd­he­de uit­wei nie.

Lui­dens die ver­kla­ring het prof. Roy Mar­cus, raads­voor­sit­ter wat be­dank het, die aan­ty­gings teen Rens­burg ge­maak.

Dit was na­dat Mar­cus en Ja­co van S­choor, af­ge­dank­te ad­junk­vi­se­kan­se­lier van fi­nan­sies, fo­ren­sies on­der­soek is weens be­weer­de be­drog van tot R25 mil­joen.

Die fo­ren­sie­se on­der­soek is deur die ou­di­teurs­fir­ma Si­z­we Nt­sa­lu­ba Go­bo­do (SNG) ge­doen en het tot Mar­cus se be­dan­king ge­lei.

Tug­stap­pe teen Van S­choor is af­ge­han­del en sy diens is sum­mier be­ëin­dig, lui die ver­kla­ring.

Na­dat Mar­cus die be­we­rings teen Rens­burg ge­maak het, is SNG se on­der­soek ver­leng om vas te stel of daar gron­de vir Mar­cus se be­we­rings is.

Rens­burg het by na­vraag ge­sê al­le na­vrae oor die be­we­rings teen hom moet aan die u­ni­ver­si­teits­woord­voer­der ge­rig word.

Her­man Ester­hui­zen, UJ-woord­voer­der, sê dit is net be­we­rings. “Die UJ-raad is daar­toe ver­bind om te ver­se­ker dat e­tie­se be­stuur aan die or­de van die dag is. Die u­ni­ver­si­teit wag dus dat die amp­te­li­ke pro­ses­se af­ge­han­del word voor­dat hy ver­der kom­men­taar le­wer,” sê Ester­hui­zen.

Lui­dens die ver­kla­ring sal die u­ni­ver­si­teit die kwes­sies op ’n oop en deur­sig­ti­ge wy­se han­teer, “soos wat ’n mens van ’n ver­ant­woor­de­li­ke o­pen­ba­re ho­ëron­der­wys­in­stel­ling ver­wag”.

“As be­vind word dat daar geen kwaad­doe­ne­ry was nie, sal dit ook ge­kom­mu­ni­keer word.”

Prof. Ihron Rens­burg

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.