Reis, ver­blyf en geld

Beeld - - Nuus -

Af­ge­vaar­dig­des, waar­ne­mers en gas­te – on­der wie die me­dia – kom ge­woon­lik ’n dag voor die amp­te­li­ke o­pe­ning van die na­si­o­na­le kon­fe­ren­sie by die sen­trum aan vir ak­kre­di­ta­sie en re­gis­tra­sie.

Af­ge­vaar­dig­des kom ge­woon­lik in bus­se van hul pro­vin­sies.

Die na­si­o­na­le kon­fe­ren­sie word el­ke vyf jaar in ’n an­der pro­vin­sie ge­hou. Van­jaar is dit Gau­teng se beurt en die Nas­rec Ex­po­sen­trum is daar­voor ge­kies.

Ver­blyf vir af­ge­vaar­dig­des word ge­woon­lik in ho­tel­le, gas­te­hui­se en an­der plek­ke na­by die kon­fe­ren­sie­ plek ge­re­ël. Bus­se sal hul­le daag­liks Nas­rec toe neem. Ge­woon­lik ver­ge­sel ’n blou­lig­kon­vooi van die po­li­sie die bus­se.

Hoe­wel ANC­tak­ke in die pro­vin­sies hul voor­keur­kan­di­da­te vir die pre­si­dents­pos en an­der top­lei­ers­pos­te be­kend ge­maak het, is dit nie ’n uit­ge­maak­te saak dat af­ge­vaar­dig­des in die ge­hei­me stem­me­ry by tak­ke se be­noe­mings vir spe­si­fie­ke kan­di­da­te sal hou nie.

Groot­skaal­se stem­wer­we­ry sal daar­om by ho­tel­le en die kon­fe­ren­sie­lo­kaal plaas­vind.

Die ANC vrees dat groot be­drae geld hier­ty­dens han­de kan ver­wis­sel om af­ge­vaar­dig­des om te koop om vir ’n kan­di­daat te stem.

Die ANC be­taal vir die kon­fe­ren­sie, wat ge­woon­lik mil­joe­ne ran­de be­loop. Geld word op die kon­fe­ren­sie in­ge­sa­mel deur die ANC se Pro­gres­si­ve Bu­si­ness Forum (PBF), wat ge­leent­he­de re­ël waar maat­skap­pye ten duur­ste be­taal om hul pro­duk­te in stal­le­tjies aan te bied.

In­di­vi­due be­taal ook der­dui­sen­de ran­de vir ’n sit­plek aan ta­fels op ga­la­aand­e­tes waar ANC­top­lei­ers teen­woor­dig is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.