Ki­taar was Ji­mi se kruis

HEN­DRIX HET WÊ­RELD MEEGESLEUR MET SY MU­SIEK ÉN SY OP­DIE­AFGROND­LEEF­STYL Sy ki­taar waar­mee hy sy be­won­de­raars wê­reld­wyd be­to­wer het, was Ji­mi Hen­drix, wat ver­le­de maand 75 jaar oud sou wees, se le­we, skryf

Beeld - - Nuus - Ji­mi Hen­drix in Au­gu­sus 1967. Fo­to: GETTY IMAGES

JWil­lem Frans­man Jr.

imi Hen­drix, wie se ver­jaar­dag op 27 No­vem­ber sou wees, het on­ge­luk­kig soos baie an­der be­lo­wen­de kuns­te­naars – Ja­mes De­an, Ja­nis Jop­lin, Kurt Co­bain en Amy Wi­ne­hou­se – op 27-ja­ri­ge ou­der­dom ge­sterf. On­ty­dig weg­ge­ruk op die kruin van ’n suk­ses­vol­le loop­baan.

Dis by­na as­of hy dit so be­plan het, ver­al as ge­kyk word na ’n op­mer­king wat hy een­keer ge­maak het: “I will be de­ad in fi­ve y­e­ars’ ti­me, but whi­le I am he­re, I will tra­vel ma­ny highways and I will, of ne­ces­si­ty, die at a ti­me w­hen my mes­sa­ge of lo­ve, pe­a­ce, and free­dom can be shared with pe­op­le all o­ver the wor­ld.”

Ja­mes Mars­hall (Ji­mi) Hen­drix (hy’s eint­lik John­ny Al­len Hen­drix ge­doop) word ge­luk­kig wel tot van­dag toe nog ont­hou vir wat hy in sy kort, maar storm­ag­ti­ge le­we ver­mag het. Hier­die boor­ling van Se­att­le en die Wood­stock-mu­siek­fees is on­los­maak­lik deel van me­kaar.

Die le­gen­da­rie­se drie dae lan­ge eer­ste Wood­stock-rock­fees is op die melk­plaas Cat­skill van Max Yas­gar te W­hi­te La­ke, New York, ge­hou.

Drie dae van nét vre­de­lie­wend­heid en mu­siek op 15 tot 17 Au­gus­tus 1969, is hoe die fees ge­ad­ver­teer is. Maar The Wood­stock Mu­sic & Art Fair het die wê­reld van rock ‘n’ roll vir e­wig ver­an­der.

Van­jaar is die 48ste her­den­king van dié e­pog­ma­ken­de fees.

Hen­drix se ki­taar doen die praat­werk

Die volks­dig­ter A­dam S­mall het op ’n keer ge­sê: “Die ki­taar is die in­stru­ment van die Kaap­se Vlak­te. Daar­die ein­ste ki­taar kan na­tuur­lik ook jou on­der­gang wees . . . ki­taar my kruis! Want die le­we is tog ook erns­tig.”

Hen­drix, ver­al om­stre­de oor sy uit­la­tings, het sy e­lek­trie­se ki­taar die éint­li­ke praat­werk laat doen. “He could ma­ke a guit­ar talk!” Op ’n keer het die toe nog on­be­ken­de Hen­drix ge­vra om saam met E­ric Clap­ton en sy groep, The C­re­am, te jam. Clap­ton is as “die god” van ki­taar­mu­siek be­stem­pel en The C­re­am was sy dis­si­pels. Hen­drix het sy Fen­der S­tra­to­cas­ter in­ge­prop en be­gin tok­kel aan “Kil­ling Floor”, ’n lied­jie waar­van Clap­ton ge­hou het, maar voor­heen as te “moei­lik” om te speel be­stem­pel het.

Van die eer­ste klan­ke was daar uit­roe­pe van on­ge­loof. Ook oor die rook­ie se ta­lent met die ki­taar soos die wy­se waar­op hy klank daar­uit voort­ge­bring het.

“He kil­led God, man! He kil­led Clap­ton!” het ie­mand be­won­de­rend uit­ge­roep. Ná dié Hen­drix-krag­ver­toon kry Clap­ton se vrien­de hom in die kleed­ka­mer, waar hy be­we­rig ’n si­ga­ret pro­beer aan­steek. “You ne­ver told me he was thát good,” het Clap­ton glo ge­sta­mel.

Of­fer dit op waar­voor jy lief is

Hen­drix se le­we as kind van die 1960’s (die era van die blom­me­kin­ders) was ui­ters ge­woon. Tog was hy voort­du­rend in die sop by die po­li­sie en die o­wer­he­de.

Hen­drix het op 16-ja­ri­ge ou­der­dom sy pa ge­smeek om vir hom ’n twee­de­hand­se a­koes­tie­se ki­taar te koop. Op 17 kry hy sy eer­ste e­lek­trie­se ki­taar, ’n Su­pro O­zark.

Voor sy 19de ver­jaar­dag het die po­li­sie hom t­wee keer weens mo­tor­dief­stal in heg­te­nis ge­neem. Hy moes kies tus­sen tronk­straf en die weer­mag. Op 31 Mei 1961 het Hen­drix hom by die A­me­ri­kaan­se weer­mag aan­ge­meld.

Ná sy ont­slag uit die weer­mag het hy in ver­skeie mu­siek­groe­pe ge­speel en vin­nig op­gang ge­maak. B­ri­an Jo­nes van die Rol­ling S­to­nes het hom in 1966 op die Mon­te­rey In­ter­na­ti­o­nal Pop Fe­s­ti­val aan die ska­re voor­ge­stel as: “The most ex­ci­ting per­for­mer I’ve e­ver he­ard!”

Aan die ein­de van die ein­ste kon­sert het Hen­drix dra­ma­ties sy ki­taar, ’n Fen­der S­tra­to­cas­ter, aan die brand ge­steek. “The ti­me I bur­ned my guit­ar, it was li­ke a sa­cri­fi­ce. You sa­cri­fi­ce the t­hings you lo­ve . . . I lo­ve my guit­ar. I’d just pain­ted it that day and was re­al­ly in­to it!”

Die ki­taar-aan-die-brand-steek-se­re­mo­nie sou la­ter die in-ding on­der ki­taar­spe­lers word. Van­dag is Hen­drix se naam si­no­niem met Wood­stock. Be­ne­wens Hen­drix, sou Ja­nis Jop­lin, Ar­lo Guthrie, Coun­try Joe M­cDo­nald, die Rol­ling S­to­nes, Joe Coc­ker en ve­le an­der kul­tus­sta­tus be­reik en die blom­me­kin­ders tot on­ge­ken­de hoog­tes lei.

Op 18 Sep­tem­ber 1970, op die kruin van sy ge­wild­heid, word Hen­drix dood in sy ka­mer in die Sa­mar­kand Ho­tel in Ken­sing­ton, Lon­den, aan­ge­tref. Die ver­slag van die na­dood­se on­der­soek ont­hul dat hy on­der die in­vloed van ver­do­wings­mid­dels was en in sy slaap in sy eie braak­sel ver­smoor het.

Maan­de ná Hen­drix se dood sê ie­mand: “The day Ji­mi Hen­drix died, guit­ar mu­sic died too!”

Dis al as­of ki­taar­spe­lers wat die ver­beel­ding aan­gryp aan die ver­dwyn is. Se­dert­dien kon nie­mand weer die ver­beel­ding van die ki­taar­spe­len­de wê­reld só aan­gryp nie.

Dis net as­of hul­le nie bo die ge­wo­ne gang van ’n daag­lik­se be­staan kan uit­styg nie. Hen­drix wás an­ders . . . al­tyd aan die eks­pe­ri­men­teer. As dit nie ver­do­wings­mid­dels was nie, dan was dit om met ’n nu­wig­heid, soos ’n e­lek­trie­se ki­taar met t­wee “kop­pe”, op die ver­hoog te spring.

Jo­na­than But­ler se “Se­venth A­ve­nue” gee dik­wels hoen­der­vel. T­re­vor Nas­ser is ook glad nie sleg nie.

Dit lei wel geen twy­fel nie dat Hen­drix die wê­reld meegesleur het met sy om­stre­den­heid – met sy mu­siek én met sy op-die-afgrond-leef­styl.

Hy is ge­dryf deur sy ki­taar. Sy ki­taar was im­mers sy le­we . . . én sy kruis.

Hen­drix is ge­dryf deur sy ki­taar Frans­man is voor­sit­ter van die A­fri­kaan­se Skry­wers­ver­e­ni­ging.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.