2 van SA ver­drink in Ku­ba

Beeld - - Nuus - Ren­eil­we Dhludhlu

T­wee me­die­se stu­den­te van Suid-A­fri­ka wat in ’n swem­bad in Ku­ba ver­drink het, se ly­ke kan eers vol­gen­de week na K­waZu­lu-Na­tal ge­bring word.

Si­bu­si­so N­ge­le­ka en Sihle Ce­bo Mak­ha­nye (al­bei 24) het die na­week ver­drink na­dat hul­le glo saam met ’n groep stu­den­te ’n huis ge­huur het om een van hul me­de­stu­den­te se ver­jaar­dag te vier.

N­ge­le­ka was in sy vier­de en Mak­ha­nye in sy vyf­de jaar.

Dr. Si­bon­gi­se­ni Dhlo­mo, pro­vin­si­a­le LUR vir ge­sond­heid, het N­ge­le­ka se ge­sin in K­waN­zi­ma­k­we aan die suid­kus van die pro­vin­sie Woens­dag be­soek.

Dhlo­mo sê N­ge­le­ke se dood is in die be­son­der moei­lik vir hom om­dat hy hom per­soon­lik ge­ken het en voor­heen tal­le ke­re met hom ge­praat het om uit­da­gings ra­ken­de sy stu­dies op te los.

“Wan­neer hier­die kin­ders ge­werf word, pri­o­ri­ti­seer ons die­ge­ne wat a­ka­de­mies sterk is, uit arm huis­hou­dings kom en wat dit nie kan be­kos­tig om vir hul stu­dies te be­taal nie,” sê Dhlo­mo.

Hy sê van dié stu­den­te word ook ver­wag om hul­self, hul fa­mi­lies en hul ge­meen­skap­pe te ont­wik­kel.

Dhlo­mo sê hul­le het ge­hoop dat die t­wee stu­den­te ook sou te­rug­kom en waar­de­vol­le le­de van die ge­meen­skap sou word. “Maar nou is ons in rou. Ons pyn kan nie ver­ge­lyk word met dít wat hul fa­mi­lies deur­gaan nie.”

Dhlo­mo sal die ko­men­de na­week Mak­ha­nye se fa­mi­lie in Umhla­buy­a­lin­ga­na be­soek.

Die ly­ke kom eers vol­gen­de week na Suid-A­fri­ka om­dat al die pro­ses­se, in­slui­tend lyk­skou­ings, nog af­ge­han­del moet word.

Fo­to: REUTERS

’n Pa­le­styn­se man trek ’n kruis deur ’n skil­de­ry van pres. Do­nald Trump van die VSA wat op ’n deel van die Is­rael­se keer­muur in Bet­le­hem ge­verf is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.