Wen­fo­to skep ge­voel van sur­re­a­lis­me

Beeld - - 12 Nuus, Jou Wêreld, Jou Koerant -

A­dri Be­zui­den­hout het No­vem­ber se wen­fo­to ge­neem.

Sy wen R500 as maand­wen­ner van Beeld se My Wê­reld-fo­to­kom­pe­ti­sie.

Die be­oor­de­laars het ver­al ge­hou van die kom­po­si­sie daar­van.

Die tak­ke van die rots­vy wat aan die rots­wand klou en die weer­kaat­sing daar­van her­in­ner ’n mens aan ’n sur­re­a­lis­tie­se Sal­va­dor Dalí-skil­de­ry.

Be­zui­den­hout het die fo­to by ’n trou­ve­nue in die Wa­ter­berg­ge­bied ge­neem.

“Toe ek die fo­to sien, be­sef ek: Dit is ek, ’n re­flek­sie van my­self!

“Wat jy sien, is wat jy kry. Die wa­ter was so stil dat dit am­per nie werk­lik lyk nie,” sê Be­zui­den­hout.

■ Wil jy ook graag jou fo­to in Beeld sien?

Wys Beeld se le­sers wat in jou wê­reld aan­gaan. Dit kan s­wak diens­le­we­ring wees, ie­mand wat ’n ver­skil in jou ge­meen­skap maak, pro­tes­op­tog­te, goeie nuus of selfs ’n to­neel wat jy mooi ge­vind het.

’n Kon­tant­prys van R500 word maan­de­liks vir die bes­te fo­to toe­ge­ken. Stuur jou fo­to na nuus@beeld.com. Skryf in die on­der­werp­veld: “Beeld: My Wê­reld.”

Fo­to’s moet gro­ter as 1 MB wees en in ’n j­peg-for­maat ge­stuur word.

Gee ’n kort be­skry­wing van waar die fo­to ge­neem is en wat die sto­rie ag­ter die fo­to is. Ver­skaf ook die fo­to­graaf se vol­le naam en be­son­der­he­de, as­ook die stad of dorp waar hy/sy woon.

Fo­to: A­DRI BE­ZUI­DEN­HOUT

’n Rots­vy word in die stil wa­ter weer­kaats.

Fo­to: KZN DE­PAR­TE­MENT VAN GE­SOND­HEID

Si­bu­si­so N­ge­le­ka se fa­mi­lie­le­de saam met dr. Si­bon­gi­se­ni Dhlo­mo, K­waZu­lu­Na­tal­se LUR vir ge­sond­heid (regs).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.