‘M­nang­ag­wa ver­y­del Zim­bab­wi­ërs se hoop’

Beeld - - 12 Nuus, Jou Wêreld, Jou Koerant -

Die Pe­op­le’s De­mo­cra­tic Par­ty (PDP), ’n op­po­si­sie­par­ty in Zim­bab­we, be­skul­dig pres. Em­mer­son M­nang­ag­wa daar­van dat hy “Zim­bab­wi­ërs se hoop ver­y­del het” met sy re­ge­ring se be­sluit om “sol­da­te op straat­smou­se en pen­de­l­o­pe­ra­teurs in Ha­ra­re los te laat”.

NewsDay het van­dees­week be­rig straat­smou­se in Ha­ra­re en Mu­ta­re is Maan­dag ont­nug­ter toe hul­le van hul on­wet­ti­ge smou­splek­ke ver­dryf is in ’n ge­kom­bi­neer­de skoon­maak­o­pe­ra­sie wat die weer­mag, die mu­ni­si­pa­li­teit en le­de van die Zim­bab­we Re­pu­bliek-po­li­sie in­ge­sluit het.

On­ge­re­gis­treer­de taxi-o­pe­ra­teurs is ook nie in dié o­pe­ra­sie, ge­naamd O­pe­ra­sie Her­stel Hi­gi­ë­ne, ge­spaar nie, wat ter­self­der­tyd ook in al­le groot dor­pe en ste­de be­gin is.

Dit was klaar­blyk­lik ’n veld­tog wat Ro­bert Mu­ga­be ook wou deur­voer net voor­dat hy op 21 No­vem­ber uit sy pos be­dank het.

“Ons moet die paaie skoon­maak,” het Mu­ga­be glo toe ge­sê.

Maar vol­gens ne­wzim­bab­we. com het die PDP, ge­lei deur Ten­dai Bi­ti, in re­ak­sie op die ver­wik­ke­lin­ge Maan­dag ge­sê die nu­we re­gi­me het die ge­leent­heid om “oor te be­gin, weer te dink en te her­groe­peer”, weg­ge­gooi.

Die PDP sê die ont­plooi­ing van sol­da­te on­der smou­se, te­sa­me met die aan­wy­sing van twy­fel­ag­ti­ge fi­gu­re in die ka­bi­net, is ’n te­ken dat dit die nu­we ad­mi­nis­tra­sie se keu­se was.

“On­ge­luk­kig dui die ont­plooi­ing

‘‘

Die nu­we re­gi­me het die ge­leent­heid om oor te be­gin, weer te dink en te her­groe­peer, weg­ge­gooi.

van sol­da­te teen smou­se . . . op mis­bruik van daar­die ver­haal. Mag in de­mo­kra­tie­se ge­meen­skap­pe is ge­se­tel in oor­re­ding as ’n in­stru­ment om die men­se ag­ter jou te kry,” sê die PDP.

Die par­ty sê M­nang­ag­wa se re­ge­ring het “die weer­sin in po­li­sie­wreed­heid as ’n sug na mi­li­tê­re wreed­heid mis­ver­staan”.

Dui­sen­de Zim­bab­wi­ërs het ver­le­de maand die stra­te in­ge­vaar ter on­der­steu­ning van die mi­li­tê­re oor­na­me van die land wat mee­ge­bring het dat M­nang­ag­wa as die land se nu­we lei­er aan­ge­wys is. – News24

Pres. Em­mer­son M­nang­ag­wa

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.