Wit Zim­boer kry sy plaas te­rug

Beeld - - Nuus -

’n Wit kom­mer­si­ë­le boer wat van sy plaas in Zim­bab­we se Ma­ni­ca­land-pro­vin­sie af­ge­sit is, gaan na be­we­ring te­rug­keer en pro­duk­sie her­vat na­dat “pres. Em­mer­son M­nang­ag­wa se nu­we ad­mi­nis­tra­sie die be­sluit om­ge­keer het”.

Swaar ge­wa­pen­de on­lus­te­po­li­sie van Zim­bab­we het Ro­bert S­mart se plaas bui­te Rusa­pe in Ju­nie be­storm en hom met ge­weld af­ge­sit. S­mart, wat met ta­bak en mie­lies boer, se af­set­ting het glo die ga­ping ge­skep vir ’n top­amp­te­naar, T­re­vor Man­han­ga, wat ban­de met Ro­bert Mu­ga­be ge­had het.

Die af­set­ting het ge­kom kort na­dat Mu­ga­be op ’n by­een­koms aan sy on­der­steu­ners ge­sê het dat al­le oor­bly­wen­de wit kom­mer­si­ë­le boe­re van hul ei­en­dom af­ge­sit moet word om plek te maak vir die re­ge­ren­de Za­nu-PF-par­ty se jeug en sy on­der­steu­ners wat geen grond het nie.

Vol­gens ne­w­zim­bab­we.com het Chris Mutswang­wa, M­nang­ag­wa se spe­si­a­le raad­ge­wer, Dins­dag ge­sê dat S­mart nie in sy plaas­ak­ti­wi­tei­te ge­steur moet word nie. “Dié boe­re is Zim­bab­wi­ërs,” is Mutswang­wa aan­ge­haal. – News24

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.