Kos­soort in SA dalk be­smet

DODELIKE SIEK­TE ‘Bak­te­rie be­land ê­rens in voed­sel’

Beeld - - Nuus - Ja­na Marx en Can­di­ce Be­zui­den­hout Si­z­we Ku­pe­lo

Dit lyk of ’n kos­soort wat wyd be­skik­baar is, be­smet is met die dodelike lis­te­ri­o­se-bak­te­rie, wat reeds tot die dood van 36 men­se in Suid-A­fri­ka ge­lei het, sê die Na­si­o­na­le In­s­ti­tuut vir Oor­draag­ba­re Siek­tes (Ni­os).

Die bak­te­rie het ver­moe­de­lik ie­wers in die land se kos­voor­raad be­land.

Die bak­te­rie kan in kos, wa­ter en grond voor­kom.

Die Jo­han­nes­burg­se me­tro en die Oos-Kaap het al re­ak­sie-een­he­de ont­plooi om die pu­bliek oor die uit­bre­king van die siek­te in te lig en die si­tu­a­sie te mo­ni­tor.

Dr. Aa­ron Mot­so­a­le­di, mi­nis­ter van ge­sond­heid, het Dins­dag op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie ge­sê hoe­wel daar jaar­liks ge­val­le van lis­te­ri­o­se is, is daar nou ’n uit­bre­king in die land.

Vol­gens Ni­os neem die ge­val­le toe. 557 ge­val­le is al se­dert 1 Ja­nu­a­rie aan­ge­meld – 345 daar­van in Gau­teng.

Die de­par­te­ment van ge­sond­heid in die Oos-Kaap het gis­ter be­ves­tig dat ’n man daar aan dié siek­te dood is en dat een met die siek­te ná ’n maand se be­han­de­ling uit die hos­pi­taal ont­slaan is.

Vol­gens Si­z­we Ku­pe­lo, woord­voer­der van die de­par­te­ment, is 24 ge­val­le tus­sen Fe­bru­a­rie en No­vem­ber deur la­bo­ra­to­ri­um­toet­se in die Oos-Kaap be­ves­tig.

“Ons het slegs be­son­der­he­de van die t­wee ge­val­le wat in die Nel­son Man­de­la­baai-me­tro aan­ge­meld is,” sê Ku­pe­lo.

Ver­al swan­ger vroue, be­jaar­des en men­se met ’n ver­swak­te im­muun­stel­sel word teen die siek­te ge­waar­sku.

Kos­soor­te wat tot lis­te­ri­o­se kan lei, sluit in sag­te kaas, on­ge­pas­teu­ri­seer­de melk, ver­werk­te melk­pro­duk­te, ver­werk­te vleis, kou­e­vleis, de­li- en voor­af­be­rei­de kos, slaaie en pa­tee.

Dr. Bas­kie De­sai, di­rek­teur van o­pen­ba­re ge­sond­heid in Jo­han­nes­burg, sê sy een­heid sal met die na­si­o­na­le de­par­te­ment van ge­sond­heid saam­werk om die pu­bliek oor die siek­te in te lig.

Die ak­sie­plan fo­kus op die vol­gen­de hi­gi­ë­ne­maat­re­ëls:

■ Ge­bruik net ge­pas­teu­ri­seer­de sui­wel­pro­duk­te en maak se­ker al­le vleis is gaar;

■ Was jou han­de voor­dat jy kos be­rei, na­dat jy ge­ëet het en na­dat jy by die toi­let was;

■ Was en ont­smet kom­buis­op­per­vlak­ke en eet­ge­rei, ver­al na­dat met rou vleis, pluim­vee en ei­ers ge­werk is; en

■ Was rou groen­te en vrug­te deeg­lik voor­dat jy dit eet.

Vyf sleu­tels tot voed­sel­vei­lig­heid is:

■ Hou kos skoon;

‘‘

Die bak­te­rie kan in ’n ys­kas oor­leef. Dit kan nie van mens tot mens oor­ge­dra word nie.

■ Hou rou en ge­kook­te kos a­part;

■ Kook al­les be­hoor­lik;

■ Bê­re kos by ’n vei­li­ge tem­pe­ra­tuur;

■ Ge­bruik wa­ter wat ge­skik is om te drink; en

■ Eet on­ver­werk­te pro­duk­te wat vei­lig is.

Dié kos­soor­te moet ver­my word:

■ On­ge­pas­teu­ri­seer­de melk of sui­wel­pro­duk­te wat on­ge­pas­teu­ri­seer­de melk be­vat;

■ Sag­te kaas soos fe­ta, bok­melk­kaas en brie;

■ De­li-kos (soos voor­af­be­rei­de slaaie en kou­e­vleis); en

■ Ys­kas-pa­tees.

Lis­te­ria mo­no­cy­to­ge­nes – wat lis­te­ri­o­se ver­oor­saak – kan di­ar­ree, koors en swak­heid ver­oor­saak, be­rig

Die er­ger vorm daar­van ver­oor­saak me­nin­gi­tis wan­neer dit na die se­nu­stel­sel ver­sprei, sê Ni­os.

Die in­ku­ba­sie­tyd­perk wis­sel van drie tot 70 dae, maar die ge­mid­del­de is drie we­ke.

Dit kan ook sep­sis van die bloed ver­oor­saak, wat, soos me­nin­gi­tis, met an­ti­bi­o­ti­ka be­han­del moet word.

Dit kan in ’n ys­kas oor­leef. Die land se ge­sond­heids­o­wer­he­de, die kos­be­dryf en la­bo­ra­to­ri­ums is oor die uit­bre­king in­ge­lig.

Die siek­te kan nie van mens tot mens oor­ge­dra word nie.

Men­se moet op die uit­kyk wees vir ti­pie­se me­nin­gi­tis­simp­to­me, soos hoof­pyn, ’n sty­we nek, stuip­trek­kings, ver­lies aan ba­lans en ver­war­ring.

El­sa­bé B­rits.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.