Ga­te in oud­hoof se ge­tui­e­nis

LI­FE E­SI­DI­ME­NI Te­ken glo plan in 2016, nié in 2015

Beeld - - Nuus -

Weer­spre­ken­de ge­tui­e­nis deur dr. Bar­ney Se­le­ba­no, ge­skors­te hoof van die Gau­teng­se ge­sond­heids­de­par­te­ment, is gis­ter uit­ge­lig toe hy vir die der­de dag in die Li­fe E­si­di­me­ni-ar­bi­tra­sie­ver­hoor moes ver­skyn.

Dit het dui­de­lik ge­word dat Se­le­ba­no in Ok­to­ber 2016 af­ge­te­ken het op die plan vir Li­fe E­si­di­me­ni en nie die vo­ri­ge jaar, soos hy vroe­ër ge­tuig het, nie. Die plan is op­ge­stel deur dr. Mak­ga­bo Ma­na­me­la, voor­ma­li­ge gees­tes­ge­sond­heids­hoof.

Adv. Lil­la Crous, regs­hulp­ver­teen­woor­di­ger, het gou ga­te in Se­le­ba­no se ge­tui­e­nis uit­ge­wys.

Hy het voor­heen ge­tuig die ken­nis­ge­wing om die Li­fe E­si­di­me­ni-kon­trak op te skort, is op 29 Sep­tem­ber 2015 op in­struk­sie van Qe­da­ni Mahlan­gu, voor­ma­li­ge LUR vir ge­sond­heid, ge­stuur en dat David Mak­hu­ra, Gau­teng­se pre­mier, daar­van ken­nis ge­dra het.

Hy en Le­vy Mo­se­no­gi, hoof van die E­si­di­me­ni-pro­jek, het in Ok­to­ber 2015 af­ge­te­ken op die plan om die pa­si­ën­te te ver­skuif, het hy vroe­ër ge­tuig.

Maar gis­ter het Crous ge­sê Mo­se­no­gi kon nie in Ok­to­ber 2015 aan­ge­stel ge­wees het as pro­jek­be­stuur­der nie, want Mahlan­gu het hom eers in No­vem­ber 2015 ge­na­der oor die pos.

Mo­se­no­gi is in De­sem­ber 2015 amp­te­lik aan­ge­stel.

Dit be­te­ken ook dat Se­le­ba­no die plan om die pa­si­ën­te te skuif, so­wat ’n jaar la­ter on­der­te­ken het toe meer as 80 pa­si­ën­te reeds ge­sterf het.

Hy het Woens­dag ge­tuig hy het in daar­die tyd­stip net ge­weet van min­der as 40 pa­si­ën­te wat dood is.

Se­le­ba­no het er­ken hy het ’n fout ge­maak en het ge­sê dat hy ver­ant­woor­de­lik­heid daar­voor aan­vaar.

Ou­dad­junk­hoof­reg­ter Dikgang Moseneke, wat die ver­hoor lei, het in ’n sta­di­um Se­le­ba­no aan­ge­sê “om die waar­heid te praat” toe dit dui­de­lik word dat die ge­sond­heids­hoof sy eie ge­tui­e­nis weer­spreek.

Moseneke het hom her­in­ner aan die ge­va­re van mein­eed en ge­waar­sku hy moet op­hou om sto­ries op te maak ter­wyl men­se wag om te hoor wat werk­lik met hul ge­lief­des ge­beur het.

“Jou ver­kla­ring is aan jou voor­ge­hou en dit weer­spreek

‘‘

Jou ver­kla­ring is aan jou voor­ge­hou en dit weer­spreek jou ge­tui­e­nis hier di­rek.

— DIKGANG MOSENEKE

jou ge­tui­e­nis hier di­rek,” het Moseneke ge­sê.

Se­le­ba­no hou vol dat Mak­hu­ra be­wus was van die plan om meer as 1 500 pa­si­ën­te van Li­fe E­si­di­me­ni-kli­nie­ke na ver­skeie nie­re­ge­rings­or­ga­ni­sa­sies te skuif na­dat die kon­trak be­ëin­dig is.

Die Gau­teng­se re­ge­ring ont­ken dit eg­ter.

Mak­hu­ra sê in ’n ver­kla­ring die tra­ge­die kon voor­kom word en dat dit diep ge­bre­ke uit­wys in die pro­vin­si­a­le ge­sond­heid­stel­sel en die re­ge­ring.

Fo­to: COLLEN MASHABA

Dr. Bar­ney Se­le­ba­no, ge­skors­te hoof van die Gau­teng­se ge­sond­heids­de­par­te­ment.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.