Hout­pop­ma­ne­wa­les hou be­slis die aan­dag

Beeld - - Kuns & Vermaak - AJ Op­per­man

Nee kyk, hier is nou vir jou ’n pret­ti­ge spul wat ba­klei by­na lek­ker laat lyk.

Ja, die ka­rak­ters in Pi­noc­chio is dik­wels al­ler­mins kop in een mus, maar die ge­go­ël tus­sen goed en boos le­wer juis die mees­te ver­maak en ver­ras­sings op.

Soos ons nou al weet – dis im­mers al die 30ste keer dat Ja­ni­ce Ho­ney­man ’n pan­to­mi­me aan­bied – is The Man­de­la in die Jo­burg-te­a­ter in Braam­fon­tein, Jo­han­nes­burg, dié tyd van die jaar uit­ge­knip vir ge­sin­ne.

Pi­noc­chio gee ook baie ple­sier aan kin­der­lo­ses.

Daar­voor is die hu­mor soms heel­wat meer ge­vor­derd as iets wat jy in ’n kin­der­tuin­klas sal te­ë­kom.

Dié be­ken­de hout­pop wat sy “ma­ne­wa­les met ons deel” (soos My­nie Gro­vé se be­ken­de te­ma­lied lui), is ’n woe­li­ge knaap.

Of Ge­pet­to (To­bie Cron­jé) hom nou aan tou­tjies as ma­ri­o­net rond­lei en of hy op eie hout­jie sy weg vind – en la­ter die pad bys­ter raak – hy hou ons aan­dag.

Hier­die rol pas Ka­nyi Nok­we soos ’n hand­skoen.

Die an­der rol­spe­lers is be­son­der goed ge­kies. An­dré S­chwartz as Il For­tu­na­to the Fox, Chi M­hen­de as Pus­sy Ga­lo­re the Cat en Il­se Klink as Bel­la Bou­bou­li­na the Blue Fai­ry is net so ge­slaag.

’n Mens wil nie iets ver­klap nie, maar kyk ge­rus uit vir S­chwartz, wat in ’n sta­di­um soos ’n fan­toom sy ver­sky­ning maak met die be­ken­de mu­siek van die te­ma­lied uit ’n vo­ri­ge groot rol in sy re­per­to­ri­um.

Net so laat waai M­hen­da met ’n tref­fer (of twee) uit ’n an­der be­ken­de mu­siek­spel. Sy is mos ’n kat, so jy kan net raai wat die naam van die mu­siek­spel is waar­uit gre­pe van be­ken­de tref­fers weer­klink.

Dis se­ker vei­lig om te sê dat al­mal die hout­pop Pi­noc­chio se sto­rie ken: Ge­pet­to, die een­sa­me, kin­der­lo­se man wat so graag ’n seun­tjie wil hê en dan een uit hout kerf.

Die ma­ri­o­net kan praat en hom­self be­weeg, maar met die groot wens om ’n reg­te seun­tjie te wees.

Pi­noc­chio is aan­vank­lik die ene on­skuld, maar na­tuur­lik kom slink­se skep­sels oor sy pad.

Dis ’n be­si­ge ver­hoog, jy moet eint­lik jou oog op meer as een plek hê om ’n paar sub­tie­le goed op te let.

Ge­praat van op­let­tend­heid, as jou nuus-oor van­jaar nie ge­spits was nie, sal jy geen sprank van baie van die hu­mor snap nie.

Die kul­tu­re­le ver­wy­sings is ook vo­lop. As jy fyn luis­ter, is daar baie goed om op te tel.

Soos met die nom­mers wat S­chwartz en M­hen­de on­der meer sing. Hier moet ’n mens die hoed lig vir Coen­raad Rall, mu­siek­re­gis­seur.

Nie al­mal sal al­les ewe snaaks vind nie. Na­tuur­lik raak dit soms laf, maar die hu­mor is vars en goed aan­ge­wend. Dit is ’n vro­li­ke pro­duk­sie wat sorg vir ’n baie mee­le­wen­de ge­hoor.

Die pro­duk­sie­span volg die ge­wo­ne re­sep, ja, maar dalk om­dat dít die wen­re­sep blyk te wees.

■ Tot 30 De­sem­ber.

Fo­to: COR­NÉ DU P­LES­SIS

Pi­noc­chio is tot 30 De­sem­ber op die plan­ke.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.