Pop­pie se dood is ’n wek­roep tot be­trok­ken­heid

Beeld - - Kommentaar -

Pop­pie van der Mer­we se dood moet vir al­tyd by ons bly spook. Die blon­de­kop­pie is oor ’n tyd­perk stel­sel­ma­tig deur haar ma, Lou­isa, en dié se man, Ko­bus, mis­han­del tot­dat haar ly­fie in­ge­gee het. Wat am­per ont­stel­len­der is, is hoe ’n ge­meen­skap Pop­pie in die steek ge­laat het.

Reg­ter Bert Bam het Lou­isa en Ko­bus dié week skul­dig be­vind aan moord en kin­der­mis­han­de­ling.

Bam het ge­tui­e­nis uit­ge­wys wat daar­op dui dat án­der vol­was­se­nes be­wus was van Pop­pie se be­se­rings, maar niks ge­doen het om haar te be­skerm nie. Dit sluit in die ge­meen­skap van Ora­nia, waar die ge­sin agt maan­de ge­bly het. Die mis­han­de­ling het ver­er­ger toe die ge­sin daar­na in B­rits gaan bly het. Bam het ge­sê “dok­ters, on­der­wy­sers, do­mi­nees en maat­skap­li­ke wer­kers” het Pop­pie “om on­be­ken­de re­des” in die steek ge­laat.

Daar is baie an­der kin­ders soos Pop­pie. Ga­briel Fer­nan­dez van Ka­li­for­nië in die VSA was agt jaar oud toe hy dood is. Hy is uit­ge­hon­ger en ge­slaan. Sy ma en haar kê­rel word aan­ge­kla van moord op hom. Ga­briel het soms by die skool aan­ge­kom met ’n stuk­ken­de lip, kneus­plek­ke, ’n blou oog en si­ga­ret­brand­plek­ke op sy lyf. Nie­mand het iets ge­doen om hom te help nie.

’n Aan­kla­er het ge­sê Ga­briel is bloot­ge­stel aan “sis­te­mie­se mis­han­de­ling” en dat méér men­se aan­spreek­lik­heid vir sy dood moet aan­vaar. Vier maat­skap­li­ke wer­kers is in­tus­sen aan­ge­kla weens die kind se dood. T­wee po­li­sie­be­amp­tes en Ga­briel se skool word ook on­der­soek weens na­la­tig­heid.

Hoe­kom mis­luk ons in ons ver­moë – selfs roe­ping – om kin­ders te be­skerm?

Teg­no­lo­gie ver­be­ter ons toe­gang tot in­lig­ting soos nooit te­vo­re nie, maar dis as­of ons be­moei­e­nis met ons me­de­mens so­doen­de af­ge­stomp word. Ons ge­jaag na die ma­te­ri­ë­le oor­heers ons be­reid­wil­lig­heid om toe te tree tot die in­tie­me kring waar­in weer­lo­se kin­ders en vroue ver­niel word. Jaar­liks her­denk ons ge­trou 16 dae van ak­ti­vis­me teen ge­weld teen vroue en kin­ders, maar Vry­dag­aan­de bly ons stil oor die bu­re se “huis­mo­les”.

Pop­pie was drie jaar oud toe sy dood is, maar haar le­we moes tog ’n ver­skil aan hier­die wê­reld ge­maak het. Mag haar dood ’n wek­roep wees tot be­trok­ken­heid om an­der kin­ders te red van so ’n pyn­li­ke le­we en wre­de dood.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.