Ons wil be­taal, maar kan nie

Beeld - - Kommentaar -

Lud­wig van Heer­den (“S­kool­geld: waar ’n wil is, is ’n weg”, 5.12) is heel­te­mal ver­wy­derd van he­den­daag­se werk­lik­he­de.

As my pleeg-/klein­kin­ders ge­boe­lie word om­dat hul­le nie ’n ma het nie en by groot­ou­ers groot­word, dink net wat boe­lies met jou ar­ga­ïe­se op­los­sing (om rap­por­te te weer­hou of kin­ders tromp­op in die klas te kon­fron­teer as s­kool­geld nie be­taal is nie) sou doen.

Wat ’n ver­ne­de­ring! Die boe­lies sal die kin­ders heel­te­mal ver­nie­tig.

Daar­by blyk dit dat jy nie fi­nan­si­eel suk­kel nie. Hier­die pen­si­oe­na­ris, wat dui­sen­de ran­de s­kool­geld skuld en geen uit­weg sien nie, sal ’n bie­tjie hulp waar­deer. Ek wil be­taal, maar kan nie.

Die pleeg­sorg­toe­lae is ’n drup­pel wan­neer ’n paar skool­skoe­ne R500 kos.

Dit dek skaars bus­geld.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.