Wat sê jy? Stuur ’n SMS na 45571

Beeld - - Middelblad - – Le­ser – Hans – Gi­na – De­on Bek­ker – DB – Joe – Chris – Chris­sie – RR – TEB – Le­ser – Hen­riet­te – S­tel – Hein van P­re­to­ria – Le­ni

SMS’e kos R1,50

SMS’e met die naam en plek van die skry­wer kry voor­keur. SMS’e son­der ‘n naam of skuil­naam word nie oor­weeg nie.

► Na­tuur­lik sal Lou­isa Koe­ke­moer kro­ko­dil­tra­ne huil. Sy be­sef wat vir haar voor­lê! ► Ek wil ’n reeks be­gin: Boer soek ’n sla­vin. Ek won­der of daar ’n Jo­han is wat sal wil deel­neem. ► Boer Jo­han soek nie ’n vrou nie, hy soek ’n ge­hoor­sa­me huis­wer­ker. ► Drank, die groot­ste eu­wel in die wê­reld, is die oor­saak van die mees­te pad­on­ge­luk­ke en die oor­saak van die mees­te pro­ble­me! ► Die oor­dre­we klem op as­ses­se­ring en “af­rig­ting” vir as­ses­se­rings­ta­ke ten kos­te van ge­hal­te­leer, ­on­der­rig en ­re­me­di­ë­ring dra groot­liks by tot ’n ge­brek aan be­grip­slees. Hoë pun­te weer­spie­ël nie ge­hal­te­leer nie. ► Hier is die ANC se ge­heim! T­hem­de en gra­tis ver­voer na hul by­een­koms­te. Bang nie­mand daag op nie? ► Dit is vir my ont­stel­lend om te dink as ons ge­sels oor om­koop­geld by die ANC­ver­kie­sing, gaan dit oor hoe­veel geld en hoe dit be­taal gaan word, nie dát om­koop­geld ter spra­ke is nie. Is dit dan nor­maal dat dit net gaan oor per­soon­li­ ke ryk­dom en glad nie oor die men­se van ons land nie? ► Hoe goed die ADeC se be­doe­lings ook al is, dit bly die ver­de­re ver­splin­te­ring van die po­li­tie­ke land­skap wat ver­al nie die plat­te­land­se steun van die ANC gaan weg­vat nie. ► Die DA het met groot fan­fa­re die ver­kie­sing in K­riel, of­te­wel Ga­na­la, ge­wen. Maar hul­le is ook ’n nul op ’n kon­trak. S­traat­lig­te bly brand in die dag, men­se smeek vir spoed­hob­bels, en­so­voorts. Ag, din­ge lyk uit­ein­de­lik sleg­ter. Weet nie vir wie ek nou gaan stem nie. ► Daar is nie ’n uit­ruil­oor­een­koms met Du­bai nie. Hou hom dop wat ons land so be­steel. Ek is se­ker hy is be­sig om plan­ne te be­raam. ► Wie ver­trou die o­pen­ba­re be­sker­mer bui­ten pres. Ja­cob Zu­ma? On­der­soe­ke teen die JZ­ben­de vor­der nie. Sy fo­kus op die ver­keer­de tei­ken ter­wyl Ab­sa in haar vi­sier is. ► Ja­ca­ran­da FM het reg­tig ’n grap ge­word. Vir lek­ker, ou­tyd­se ra­dio en prag­ti­ge mu­siek, ska­kel ge­rus in op Bos­veld S­te­reo 107.50 FM. Jy sal aan­ge­naam ver­ras wees. ► Die mu­siek­pro­gram op RSG Son­dae vroeg­dag is fan­tas­ties, met ’n wye ver­skei­den­heid vir men­se met ’n ge­so­fis­ti­keer­de smaak. Luis­ter na ’n an­der ra­di­o­sta­sie as jy nie van die mu­siek hou nie. ► Dan­kie, Wou­ter, vir won­der­li­ke, he­len­de mu­siek op ’n Son­dag­og­gend. Dit maak my dag. ► K­lip in die bos, pro­beer in­tel­li­gent na mu­siek luis­ter. ► Ons drie hoog­te­pun­te be­gin Sa­ter­dag­aand met U eie keu­se, dan Og­gend­stem­ming 05:00 tot 07:00 Son­dag­og­gend, ge­volg deur Loof die Heer op RSG. Hoe tra­gies moet dit wees as goeie mu­siek jou de­pres­sief maak. ► K­lip in die bos, daar is tal­le ra­di­o­sta­sies waar jy na jou doef­doef­la­waai kan luis­ter. ► Puik on­der­houd deur Mur­ray La Vi­ta met Za­pi­ro. Za­pi­ro kan ge­rus sy naam by dié van Pra­vin Gord­han, adv. T­hu­li Ma­don­se­la en dr. Mak­ho­si K­ho­za voeg. ► Die feit dat men­se kla oor An­gus Bu­chan is om­dat hul­le nie mooi luis­ter wat hy sê nie. Hy het Son­dag ge­sê dat God hom ge­roep het om man­ne te men­tor! Vroue kon ge­woon­lik op die Son­dag­og­gend sy Mig­hty Men­kon­fe­ren­sies by­woon. Hy preek ook oor wat in die By­bel ver­kon­dig word en nie wat hy self uit­dink nie. ► Ria van P­re­to­ria, ek is al diep in die 70 en al die “ou” man­ne in my fa­mi­lie het hul vroue ge­re­spek­teer! ► Ek stem saam, FJP. As die volks­lied se woor­de op ’n skerm ver­toon word, sal Da­mi­an de Al­len­de dalk saam sing. Of dalk wil hy net nie. ► Ni­ël van Vuur­en se hin­der­nis­wed­loop­spot­prent is puik en dis­kreet met die lin­ker­voet op die reg­te plek. Dan­kie vir die tik­kie hu­mor. ► Stu­den­te­raad se uit­ga­wes word on­der­soek. Só volg toe­koms­ti­ge lei­ers hul kor­rup­te prez se voor­beeld. Waar is mo­re­le waar­des heen? ► Met die ster­be­laai­de Ti­tan­span is die T20kom­pe­ti­sie nou eint­lik ’n klug. ► Ek ver­wys na die be­rig Maan­dag oor die tie­ner­seun (16) wat glo in Lep­ha­la­le deur ’n vei­lig­heids­wag aan­ge­rand is. Gaan dit stil­stil ver­dwyn? Gaan die wag met y­wer ver­volg word? Ek vra maar net syn­de dit blyk of ons twee reg­stel­sels het. ► Ai, Jo­han van Wyk, jou “vry­sto­rie” het vir ’n lek­ker lig­te oom­blik ge­sorg!

Adv. Bu­si­si­we Mkhwe­ba­ne

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.