R95,7 mjd. van ba­tes is ver­dag

Prys van aan­deel daal nog 39%

Beeld - - Sake - Nel­lie Brand­Jon­ker

R95,7 mil­jard van S­tein­hoff se ba­tes is on­der ver­den­king, het die maat­skap­py be­leg­gers gis­ter laat weet.

S­tein­hoff se aan­deel­prys het gis­ter weer ge­tui­mel, dié keer met 39% tot R10 per aan­deel.

Am­per R33 mil­jard se mark­waar­de is uit­ge­wis na­dat hy Woens­dag R120 mil­jard ver­loor het.

S­tein­hoff het Woens­dag ge­sê hy kan nie sy ge­ou­di­teer­de fi­nan­si­ë­le jaar­sta­te uit­reik nie om­dat nu­we ou­di­teu­re dit nog nie kon af­te­ken nie.

Gis­ter­og­gend het die maat­skap­py weens die kom­mer in die mark nog ’n ver­kla­ring uit­ge­reik.

Daar­in is ge­sê die ver­haal­baar­heid van se­ke­re van sy ba­tes bui­te Suid-A­fri­kaan­se wat so­wat €6 mil­jard (R95,7 mil­jard) be­loop, word on­der­soek.

Ont­le­ders het voor­heen ge­won­der wat die om­vang van die ga­ping in die boe­ke gaan wees.

Daar is groot on­se­ker­heid oor of die fi­nan­si­ë­le sta­te soos voor­heen deur S­tein­hoff ge­pu­bli­seer is al­le ba­tes en las­te ak­ku­raat weer­ge­gee het, het Je­an Pier­re Ver­ster, fonds­be­stuur­der van Fair­tree Ca­pi­tal, ge­sê.

S­tein­hoff het ook aan­ge­kon­dig hy gaan van sy ba­tes ver­koop om se­ker te maak hy kan sy be­staan­de be­dry­wig­he­de fi­nan­sier en sy skuld ver­min­der.

S­tein­hoff het so­wat R100 mil­jard se le­nings en skuld­brie­we.

Dit is ook waar­om die ge­beu­re die aan­deel­pry­se van an­der maat­skap­pye waar­in S­tein­hoff be­lan­ge het skerp laat daal het. Dit sluit in PSG, KAP In­dus­tri­al en S­tein­hoff A­fri­ca Re­tail (S­tar).

‘‘

Daar is groot on­se­ker­heid oor of die fi­nan­si­ë­le sta­te al­le ba­tes en las­te ak­ku­raat weer­ge­gee.

Selfs Brait se aan­deel­prys het ge­daal om­dat daar on­se­ker­heid is oor hoe dit die be­lan­ge van Chris­to Wie­se, die groot­ste aan­deel­hou­er in S­tein­hoff, gaan raak.

Ver­ster sê be­leg­gers is be­kom­merd S­tein­hoff sal ver­plig wees om stuk-stuk van sy ba­tes te ver­koop om van sy skuld te­rug te be­taal.

“Hy het nog nie sy re­sul­ta­te uit­ge­reik nie en dit is nie af­ge­te­ken nie. Die ri­si­ko be­staan dat een van die kon­trak­be­pa­lings van die le­nings nie na­ge­kom is nie en dan moet hy da­de­lik die skuld­brie­we af­los,” sê hy.

Ver­ster is be­kend in die ver­skan­sings­fonds­be­dryf vir die

kort­ver­ko­pe wat hy in 2014 op A­fri­can Bank ge­doen het om­dat hy oor­tuig was die maat­skap­py se aan­deel­prys gaan skerp daal.

A­fri­can Bank se aan­deel­prys het in 2014 so skerp ge­daal dat sy ver­han­de­ling ge­staak is en

die bank is in ku­ra­tor­skap ge­plaas.

Ver­ster sê hy het ook ge­rui­me tyd kort­ver­ko­pe op S­tein­hoff ge­doen.

Sy groot­ste kort­po­si­sie in die fond­se on­der sy be­stuur is S­tein­hoff.

Fo­to: EDREA DU TOIT

Chris­to Wie­se, voor­sit­ter van en groot­ste aan­deel­hou­er in S­tein­hoff.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.