‘Pra­sa moet dié sa­ke by die po­li­sie aan­meld’

Beeld - - Sake - Fran­cois Wil­li­ams

Daar is ’n re­de­li­ke ver­moe­de dat on­be­ken­de amp­te­na­re van die Pas­sa­sier­spoor­a­gent­skap van Suid-A­fri­ka (Pra­sa) be­drog of kor­rup­sie kon pleeg, en Pra­sa en die na­si­o­na­le te­sou­rie be­hoort die sa­ke by die po­li­sie aan te meld.

Dít is die be­vin­ding van die regs­fir­ma Bo­w­mans in ’n ver­slag oor sy on­der­soek na 20 Pra­sa-kon­trak­te wat se­dert 2012 be­klink is.

Die bur­ger­reg­te­or­ga­ni­sa­sie U­ni­teBe­hind het die ver­slag be­kom en op die ge­meen­skap­snuus­diens groun­dUp se web­werf ge­pu­bli­seer.

Bo­w­mans het be­vind dat so­wel Lucky Mon­ta­na, des­tyd­se uit­voe­ren­de hoof van Pra­sa, as dr. Jo­seph P­hun­gu­la, vo­ri­ge ver­kry­gings­hoof, na­la­tig op­ge­tree het wat be­tref die toe­ken van se­ke­re kon­trak­te en die af­wy­king van voor­af goed­ge­keur­de kon­trak­be­drae. In ’n kon­trak van R12,1 mil­joen vir vei­lig­heids­diens­te aan Wor­ld­wa­tch is daar net be­ta­lings­be­wy­se vir R6,78 mil­joen. Pra­sa kon of wou geen do­ku­men­te voor­sien wat be­wys dat Wor­ld­wa­tch aan­ge­stel is of die kon­trak ver­leng is nie. Pra­sa het ook geen be­wy­se voor­ge­lê dat die diens­te wel ge­le­wer is nie.

Bo­w­mans het ge­vind Mon­ta­na het die aan­stel­ling van Luft­han­sa Con­sulting in ’n kon­trak van R15 mil­joen goed­ge­keur voor­dat ’n me­de­din­gen­de ten­der­pro­ses af­ge­han­del is. Bo­w­mans het aan­be­veel dat dié kwes­sie by die po­li­sie aan­ge­meld word in­ge­vol­ge die Wet op die Voor­ko­ming en Be­stry­ding van Kor­rup­te Be­dry­wig­he­de.

Bo­w­mans be­veel tug­op­tre­de aan teen Chris M­ba­tha, in­lig­tings­hoof, oor ’n R15,6 mil­joen­kon­trak aan En­ter­pri­se Techno­lo­gy So­lu­ti­ons wat uit­ein­de­lik meer as R2 mil­joen duur­der was. M­ba­tha het vol­gens Bo­w­mans die Wet op die Be­stuur van O­pen­ba­re Fi­nan­sies oor­tree deur die on­re­ël­ma­ti­ge be­ste­ding van R2 mil­joen te ver­oor­saak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.