Voor­uit­sig­te het al­les met die prys van ei­ers te doen

Beeld - - Sake Nuus - Vi­da Booy­sen

As jou Ker­s­koek nog nie ge­bak is nie, kan jy jou maar ge­reed maak om ’n bie­tjie meer vir een van die nood­saak­li­ke be­stand­de­le op te dok.

Die prys van ei­ers gaan ver­der styg na­dat dit reeds die laas­te paar maan­de taam­lik duur ge­word het.

Die an­der sleg­te nuus is dat dit tot ’n jaar kan neem voor­dat ei­er­pry­se weer sal daal.

Die re­de hier­voor is steeds vo­ël­griep, sê Paul Ma­ku­be, se­ni­or land­bou-e­ko­noom van FNB.

“Vo­ël­griep het die pluim­vee­be­dryf ge­tref net toe dit be­gin her­stel van die droog­te, wat baie kom­mer­si­ë­le en klein­skaal­se pluim­vee­boe­re nou­strop laat trek het.”

Ma­ku­be ver­dui­de­lik dat die prys van voer teen die ein­de van 2016 en be­gin van­jaar skerp ge­styg het, wat pluim­vee­boe­re se wins­mar­ges on­der druk ge­plaas het.

“Die sty­ging in ei­er­pry­se is on­der­wor­pe aan die vraag en aan­bod, en die be­skik­ba­re voor­raad is erg deur die uit­bre­king van die vo­ël­griep om­ver­ge­gooi.”

Dit het ’n skerp prys­sty­ging tot ge­volg ge­had. Die im­pak is ver­al erg in die Wes-Kaap ge­voel, sê Ma­ku­be.

“Weens die uit­bre­king van vo­ël­griep moes der­dui­sen­de lê­hen­ne ge­slag word en dit het te­kor­te op su­per­mark­rak­ke tot ge­volg ge­had.”

Lui­dens die jong­ste sy­fers van S­ta­tis­tie­ke Suid-A­fri­ka (SSA) het die prys van ei­ers in Ok­to­ber op ’n jaar­grond­slag met 8,5% ge­styg.

Ma­ku­be sê hier­die ten­dens sal na ver­wag­ting min­stens op kort tot me­di­um­ter­myn voort­gaan.

Hy ver­wag ook dat daar nog tot ’n jaar lank ’n te­kort aan voor­raad kan wees.

“Die im­pak op Suid-A­fri­kaan­se ver­brui­kers is dat ei­er­pry­se waar­skyn­lik in die vol­gen­de paar maan­de met tus­sen 15% en 20% sal styg.”

Die ge­mid­del­de week­lik­se pro­duk­sie van ei­ers het reeds met 12% in ge­krimp in ver­ge­ly­king met ’n jaar ge­le­de, sê die Suid-A­fri­kaan­se pluim­vee­ver­e­ni­ging (Sa­pa).

Nog ’n fak­tor wat die ei­er­prys op­jaag, is die kos­te van ver­sprei­ding, sê Ma­ku­be.

“Die on­lang­se ver­ho­ging van die brand­stof­prys moet uit­ein­de­lik na die ver­brui­ker deur­ge­gee word.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.