PPC­oor­na­me­stryd: Net S­wit­sers stel nog be­lang

Beeld - - Sake Nuus - El­vi­ra Wood

Net die S­wit­ser­se La­far­geHol­cim stel nog daar­in be­lang om de­le van die se­ment­ver­vaar­di­ger PPC te koop.

PPC het gis­ter in ’n ver­kla­ring op Sens, die JSE se nuus­diens, ge­sê die Ier­se CRH het hom ook nou aan die oor­na­me­stryd ont­trek.

Aan­deel­hou­ers in PPC hou glad nie daar­van nie en sy aan­deel­prys het vroeg­mid­dag reeds met by­kans 4% tot R6,63 op die JSE ver­swak.

CRH het op 13 No­vem­ber in ’n Sens-ver­kla­ring ge­sê hy oor­weeg dit om ’n kon­tan­t­aan­bod vir ’n be­he­ren­de be­lang in PPC te doen. Hy het wel nooit e­ni­ge vas­te voor­ne­me of spe­si­fie­ke aan­bod in­ge­dien nie.

PPC het in No­vem­ber die Ka­na­de­se Fai­r­fax Fi­nan­ci­al Hol­dings se aan­bod van R5,75 per aan­deel van die hand ge­wys om­dat dit ’n on­der­waar­de­ring is. Fai­r­fax het ook die voor­waar­de ge­stel dat PPC en sy groot me­de­din­ger A­friSam moet saam­smelt.

Die O­pen­ba­re Be­leg­gings­kor­po­ra­sie (OBK), wat ’n be­lang van so­wat 11% in PPC be­sit en 60% in A­friSam, het glo Fai­r­fax se aan­bod ge­steun, maar PPC het reeds be­sluit om nie met A­friSam saam te smelt nie.

Die Ni­ge­rie­se maat­skap­py Dan­go­te Ce­ment het in Sep­tem­ber ge­sê hy stel in PPC be­lang, maar hom in­tus­sen aan die pro­ses ont­trek.

La­far­geHol­cim, die wê­reld se groot­ste se­ment­ver­vaar­di­ger, het reeds sy vas­te voor­ne­me ge­gee, maar nog nie ’n vas­te aan­bod ge­doen nie.

PPC het in die half­jaar tot ein­de Sep­tem­ber be­kend ge­maak dat sy wins met 424% tot R304 mil­joen toe­ge­neem het en sy skuld met 6% tot R4,4 mil­jard ge­daal het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.