Bit­coin storm voort na $14 000

Beeld - - Sake Nuus -

Bit­coin het gis­ter sy krag­lo­pie voort­ge­sit en deur die vlak van $14 000 ge­breek.

Dié krip­to­geld­een­heid se waar­de het in De­sem­ber reeds met 40% ge­styg.

Dit het vir ’n oom­blik tot ’n re­kord van $14 399,99 ge­styg, maar la­ter tot $13 860 te­rug­ge­sak.

Die sty­ging kom kort na­dat die Aus­tra­lie­se aan­de­le­beurs – die ASX – gis­ter­og­gend ge­sê hy sal bin­ne­kort be­gin om blok­ket­ting­teg­no­lo­gie te ge­bruik om die ver­han­de­ling van aan­de­le te ver­werk.

Blok­ket­ting­teg­no­lo­gie is die­self­de as wat bit­coin ge­bruik.

B­lyt­he Mas­ters, ’n voor­ma­li­ge ban­kier van JPMor­gan C­ha­se & Co., sal die beurs help om die teg­no­lo­gie te in­stal­leer.

Bit­coin het vol­gens Google Fi­nan­ce vroeg­og­gend teen R191 253,78 in Suid-A­fri­ka ver­han­del.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.