Myn­bou groei in Ok­to­ber met 5,2%

Beeld - - Sake Nuus - El­vi­ra Wood

Die myn­bou­sek­tor het in Ok­to­ber met 5,2% op ’n jaar­grond­slag ge­groei ná ’n 0,9%-in­krim­ping in Sep­tem­ber.

Dit is ver­al dank­sy die 17,9%-toe­na­me in die pro­duk­sie van ys­ter­erts en 6%-toe­na­me in steen­kool, vol­gens die sy­fers wat S­ta­tis­tie­ke Suid-A­fri­ka (SSA) gis­ter be­kend ge­maak.

Op ’n maand­grond­slag het pro­duk­sie met 3,4% toe­ge­neem na­dat dit in Sep­tem­ber met 7% in­ge­krimp het. Dit het wel in Au­gus­tus (6%) en in Ju­lie (0,5%) op ’n maand­grond­slag toe­ge­neem. In Au­gus­tus is groei van 6,9% op ’n jaar­grond­slag aan­ge­te­ken.

Oor die drie maan­de tot ein­de Ok­to­ber was myn­bou­pro­duk­sie 2,3% be­ter as in die voor­af­gaan­de drie maan­de.

Ja­son Mus­cat, se­ni­or e­ko­no­mie­se ont­le­der by FNB, sê hul­le het ver­wag myn­bou­pro­duk­sie sou groei.

“Die wê­reld­wye om­ge­wing on­der­steun steeds groot­liks groei in dié sek­tor on­ge­ag hulp­bron­pry­se wat ef­fens ge­daal het,” het hy gis­ter in ’n ver­kla­ring ge­sê. Hy ver­wag groei vir die jaar as ge­heel. “Die sek­tor kan selfs be­ter vaar as die dooi­e­punt oor die nuut­ste weer­ga­we van die myn­bou­hand­ves op­ge­los kan word.”

Die Ka­mer van Myn­we­se en die de­par­te­ment van mi­ne­ra­le bron­ne is in ’n reg­stryd ge­wik­kel oor ver­skeie ver­eis­tes in die do­ku­ment. Dit is op 15 Ju­nie deur Mo­se­ben­zi Z­wa­ne, mi­nis­ter van mi­ne­ra­le bron­ne, be­kend ge­stel.

Die saak kom vroeg in 2018 voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.