Kry ’n voet in by hier­die ei­en­doms­deur

Beeld - - Eiendomme Veilings - El­ma Klop­pers

Kort ná die on­lang­se suk­ses­vol­le be­kend­stel­ling van die Zim­ba­li La­kes-oord in die Zim­ba­li-kus­oord by Bal­li­to aan die noord­kus van K­waZu­lu-Na­tal, kry be­leg­gers mô­re die kans om in die nu­we Bou­le­vard Zim­ba­li La­kes te be­lê.

Dié ont­wik­ke­ling is ’n kon­tem­po­rê­re deel­ti­tel­pro­duk, wat spe­si­fiek vir die be­leg­gers­mark en die jong pro­fes­si­o­ne­le per­soon saam­ge­stel is. Dit ver­per­soon­lik ’n woon-werk-en-ont­span­leef­styl by een van die ge­sog­ste a­dres­se in die land.

“Ons het om­vat­ten­de na­vor­sing oor die mark­vraag in die ge­bied ge­doen en om­dat dít die eer­ste nu­we pro­duk is ná die be­kend­stel­ling van Zim­ba­li La­kes ver­le­de week, is ons vol ver­troue dat dit in die mark se be­hoef­tes sal voor­sien, sê P­hil de Syl­va, IFA Ho­tels & Re­sorts se se­ni­or pre­si­dent van be­dry­wig­he­de. IFA, wat in Koe­weit ge­no­teer is, is die ei­e­naar en ont­wik­ke­laar van Zim­ba­li. Dié ei­en­doms­reus het ’n por­te­feul­je van oordei­en­dom­me oor die wê­reld heen.

De Syl­va sê nie net bied die Bou­le­vard toe­gang tot Zim­ba­li La­kes en ál die oord se ge­paard­gaan­de ge­rie­we nie, maar dit kom ook teen die i­de­a­le prys vir die be­leg­gers­mark, as­ook die eind­ge­brui­kers­mark.

Pry­se be­gin van R890 000 vir ’n kon­tem­po­rê­re a­tel­jee­woon­stel van 32 m². Die aan­bod is be­perk en die eer­ste fa­se gaan ’n raps meer as 100 een­he­de be­hels. Vol­gen­de fa­ses gaan na ge­lang van die aan­vraag ont­wik­kel word.

In­wo­ners gaan ook toe­gang ge­niet tot Zim­ba­li La­kes se nu­we 18-put­jie­gholf­baan en roe­tes vir berg­fiets­ry­ers en stap­pers, as­ook meer as 30 ha langs die Ton­gaat­ri­vier, wat wa­ter­sport­ge­rie­we sal bied.

Werner Bur­ger, uit­voe­ren­de hoof van IFA Ho­tels & Re­sorts Suid-A­fri­ka, sê die Bou­le­vard is die per­fek­te toe­sluit-en-ry-ei­en­dom. “Dit is ook ge­skik vir die jong pro­fes­si­o­ne­le per­soon wat graag ’n voet in Zim­ba­li se ei­en­doms­deur wil kry.”

Hy sê dié een­he­de maak deel uit van ’n ont­wik­ke­ling vir ge­meng­de ge­bruik van 27 000 m², wat ook ’n kan­toor- en klein­han­del­kom­po­nent in­sluit. Die klein­han­del gaan gro­ten­deels ge­riefs­win­kels op die in­wo­ners se drum­pel wees en daar is ’n di­na­mie­se kan­toor­kom­po­nent met mo­bie­le werk­sta­sies.

Hy ver­wag ’n groot aan­vraag na die een­he­de en meen ko­pers kan uit­sien na goeie ka­pi­taal­groei en ’n guns­ti­ge huur­in­kom­ste.

Die laas­te soort­ge­ly­ke ont­wik­ke­ling wat in Zim­ba­li be­skik­baar was, was die Zim­ba­li Sui­tes, wat in Ok­to­ber 2013 be­kend ge­stel is. Bur­ger sê een­slaap­ka­mer­een­he­de van 40 m² het tóé vir

’n Voor­stel­ling van die i­de­a­le woon­werk­en­ont­span­leef­styl wat by die Bou­le­vard Zim­ba­li La­kes­ont­wik­ke­ling na­ge­streef word. In­wo­ners van die een­he­de gaan ge­riefs­win­kels op hul drum­pel hê.

’n Voor­stel­ling van die bin­ne­kant van die a­tel­jee­een­he­de van 32 m² in die nu­we Bou­le­vard Zim­ba­li La­kes­ont­wik­ke­ling.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.