Men­se trek al hoe meer kus toe

Beeld - - Eiendomme Veilings -

Die ge­wild­heid van die kus­leef­styl aan die noord­kus van K­waZu­lu­Na­tal en spe­si­fiek die Bal­li­to­om­ge­wing het die laas­te paar jaar ’n aan­sien­li­ke toe­na­me in die aan­tal ge­sin­ne ge­had wat hul­le daar gaan ves­tig het.

Na­vor­sing deur IFA Ho­tels & Re­sorts and KW Re­al­ty toon dat die ge­tal in­wo­ners in Bal­li­to van 12 000 in 2005 tot meer as 30 000 in 2015 toe­ge­neem het.

Tans ver­huis daar maan­de­liks so­wat 30 ge­sin­ne na die noord­kus. Die mees­te is af­koms­tig van tra­di­si­o­ne­le Dur­ban­se voor­ste­de, on­der meer Dur­ban­Noord, Mor­nings­i­de en Be­rea, maar daar is ook die­ge­ne wat van Jo­han­nes­burg af ver­huis en dan na die noord­kus pen­del.

Die “Groot Trek” na die noord­kus het grond­ en ei­en­doms­pry­se in die ge­bied op­ge­stoot. Die ge­mid­del­de waar­de van ’n erf in Bal­li­to is tans R1 mil­joen, van ’n vry­staan­de huis R2,7 mil­joen en dié van ’n deel­ti­tel­ei­en­dom R1,85 mil­joen. In die na­by­ge­leë Salt Rock is die ge­mid­del­de waar­de van ’n erf R900 000, dié van ’n vry­staan­de huis R3,06 mil­joen en dié van ’n deel­ti­tel­ei­en­dom R2,35 mil­joen.

P­hil de Syl­va, IFA Ho­tels & Re­sorts se se­ni­or pre­si­dent van be­dry­wig­he­de, sê dié sy­fers toon hoe aan­trek­lik die pry­se in die nu­we Bou­le­vard Zim­ba­li La­kes­ont­wik­ke­ling is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.