T­wee hui­se in een op­ge­veil in Rooi­els

Beeld - - Veilings -

Dit is die eer­ste keer in ’n ge­rui­me tyd dat ’n ei­en­dom in Rooi­els met sul­ke pa­no­ra­mie­se uit­sig­te op die see en die berg op ’n vei­ling be­skik­baar is.

So sê Ta­nya Jo­va­no­vski, fran­chi­se­hou­er van Raw­son Aucti­ons We­stern Ca­pe.

Dié dub­bel­ver­die­ping­huis in Cla­ren­ce-ry­laan word op 13 De­sem­ber ver­koop.

Dit spog met vyf slaap­ka­mers en daar is af­son­der­li­ke in­gan­ge vir die grond­vloer en die boon­ste ver­die­ping, wat die huis groot ge­noeg maak vir meer as een ge­sin.

Die grond­vloer het t­wee slaap­ka­mers, een bad­ka­mer, ’n sit­ka­mer, ’n eet­ka­mer en ’n oop­plan­kom­buis met ’n ont­byt­hoe­kie en ’n was­ka­mer.

Die boon­ste ver­die­ping het drie slaap­ka­mers, waar­van een ’n en sui­te-bad­ka­mer het, nog ’n bad­ka­mer, ’n sit­ka­mer, ’n eet­ka­mer en ’n oop­plan­kom­buis.

Daar is ook ’n sol­der­ka­mer en ’n bal­kon met ’n in­ge­bou­de braai­plek en uit­sig­te.

Bui­te is ’n k­lein tuin en t­wee af­son­der­li­ke mo­tor­hui­se.

Die huis is van son­pa­ne­le voor­sien.

Die vei­ling word op 13 De­sem­ber om 12:00 ge­hou.

Die re­ser­we­prys is R3,65 mil­joen, maar al­le aan­bie­dings wat in­ge­dien word, sal in o­ën­skou ge­neem word.

Be­lang­stel­len­de ko­pers kan aan­bie­dings in­dien by die Raw­son Pro­per­ty Group se hoof­kan­toor in Ron­de­bosch.

Vir meer in­lig­ting of om ’n af­spraak te maak om die ei­en­dom te be­sig­tig, bel vir Josh Raisun of Ta­nya Jo­va­no­vski by on­der­skei­de­lik 078 888 9534 of

021 837 1700.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.