Nots­he kan vin­nig goue Blits word

Beeld - - Jou Wêreld, Jou Koerant 30 Sport, -

Met ver­be­ter­de fiks­heid gaan die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie­los­voor­spe­ler Sik­hum­bu­zo Nots­he in die toe­koms goud werd wees vir die Suid­A­fri­kaan­se se­wes­rug­by­span.

Só sê die hoof van die B­lits­bok­a­ka­de­mie, Ma­ri­us S­choe­man, na­dat Nots­he in sy eer­ste toer­nooi saam met Suid­A­fri­ka se naas­bes­tes in Du­bai ge­speel het.

Die A­ka­de­mie­span het die eind­stryd van Du­bai se uit­no­di­gings­toer­nooi ge­haal, maar is deur S­pe­ran­za 22 ge­klop.

S­pe­ran­za 22 is ’n ti­pe Bar­ba­ri­ans­span, wat ge­skep is ter ere van ’n Ar­gen­tyn­se rug­by­spe­ler, Mar­co S­pe­ran­za, wat in 2013 in ’n vlieg­on­ge­luk ge­sterf het.

Nots­he is vol­gens S­choe­man hoof­saak­lik as ’n im­pak­spe­ler in die toer­nooi ge­bruik en het el­ke keer ’n po­si­tie­we in­vloed op wed­stry­de ge­had.

“’n Mens kon dui­de­lik sien dat dit sy eer­ste speel­kans in se­wes­rug­by was, maar hy het el­ke keer ’n in­druk ge­maak.

“Ons wou nie te veel druk op hom plaas nie en het daar­om be­sluit om hom as ’n plaas­ver­van­ger in te span.

“Sy fiks­heids­vlak­ke is ook nog nie waar dit moet wees nie, maar gee hom nog so ’n maand dan sal hy éérs ’n in­druk maak,” het S­choe­man ge­sê.

Hoe­wel die A­ka­de­mie­span nie met die wen­ner­stro­fee na Suid­A­fri­ka kon te­rug­keer nie, is S­choe­man te­vre­de met die grond­slag wat deur ’n ta­lent­vol­le groep spe­lers ge­lê is.

“Som­mi­ge van dié spe­lers gaan bin­ne­kort in die Wê­reld­be­ker hul speel­kans kry, ter­wyl ons ook ’n paar nu­we ge­sig­te in Ja­nu­a­rie gaan be­trek. Die groep sal in Ja­nu­a­rie twee toer­nooie in Suid­A­me­ri­ka speel,” sê S­choe­man.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.