T20­reeks in pyl­vak: Dit raak nou warm

Beeld - - Sport - Jo­hann de Ja­ger

Die sak­re­ke­naars is uit.

Die na­week se oor­bly­wen­de t­wee ron­des van T20-krie­ket­wed­stry­de sal be­paal wat­ter span die Ti­tans gaan na­volg om ’n tuis­half­eind­ron­de te be­spreek.

Al vyf die an­der span­ne het nog ’n kans om tuis in die half­eind­ron­de te speel. Net so kan t­wee fran­chi­ses se uit­klop­dro­me van­dag ’n dood­skoot toe­ge­dien word.

Die on­oor­won­ne Ti­tans (32 liga­pun­te) is on­danks t­wee wed­stry­de wat uit­ge­re­ën het ge­rief­lik bo­aan die pun­te­lys. Hul­le is ’n ste­wi­ge 14 pun­te voor die naas­bes­te span op die lys, die Ca­pe Co­bras.

Dié t­wee span­ne is juis van­dag op Nu­we­land slaags.

Die Co­bras het hul eer­ste drie wed­stry­de ver­loor, maar se­dert­dien al­le teen­stand voor hul­le weg­ge­vee. Hul laas­te groep­wed­stryd is Son­dag teen die War­ri­ors in Oos-Lon­den.

Vol­gens Ashwell P­rin­ce, af­rig­ter van die Co­bras, is daar geen re­de vir sy span om die Ti­tans van­dag te vrees nie.

“Hul­le is nie on­oor­win­lik nie. Ons glo ons kan hul­le stuit,” het hy ge­sê.

“Ons speel tuis en moet wen om die half­eind te haal. Son­dag speel ons weg teen die War­ri­ors, wat dan dalk ook ’n punt sal be­no­dig om deur te gaan.”

Die Ti­tans het aan­vank­lik al hul teen­stan­ders ge­stoom­rol­ler, maar in hul laas­te wed­stryd, teen die K­nig­hts, bloed ge­sweet voor hul­le die wed­stryd in die laas­te boul­beurt be­klink het.

Die Dolphins en Li­ons het met t­wee wed­stry­de oor elk 14 pun­te. As al­bei van­dag wen, sal die K­nig­hts met 12 pun­te en die War­ri­ors met 10 pun­te nie meer die half­eind­stryd kan haal nie.

Die Dolphins, wat in Bloem­fon­tein teen die K­nig­hts speel, sal uit­ge­hon­ger vir ak­sie wees na­dat al­te­saam vyf van hul wed­stry­de reeds uit­ge­re­ën het.

Nie een van hul vier tuis­wed­stry­de kon vol­tooi word nie.

Hul­le pak die Ti­tans Son­dag in Dur­ban.

Grant Mor­gan, die af­rig­ter van die Dolphins, sê as hul­le op al­le sui­ers vuur, maak dit nie saak wie hul teen­stan­ders is nie.

“Dan kan ons – en ek sê dit met re­spek – e­nig­een klop.”

Die Li­ons, wat in Pot­chef­stroom teen die War­ri­ors speel, moes t­wee keer weens re­ën pun­te deel. Hul laas­te wed­stryd is Son­dag teen die K­nig­hts.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.