Jong Zoë maak haar merk in San­ti­a­go

Beeld - - Sport - Jo­hann de Ja­ger

Die 15-ja­ri­ge Zoë Kru­ger be­hoort aan­staan­de week ho­ër op ten­nis se wê­reld­rang­lys vir vroue te klim, na­dat sy tot die twee­de ron­de van ’n ITF-toernooi in San­ti­a­go, C­hi­le ge­vor­der het.

Die jong Suid-A­fri­ka­ner is tans 946ste op die rang­lys. Sy was ver­le­de maand kort­ston­dig in die top-900 en kan nou weer na­der daar­aan kruip.

Hoe­veel sy ver­be­ter sal be­ïn­vloed word deur an­der spe­lers se uit­slae in toer­nooie rond­om die wê­reld.

Kru­ger het in die San­ti­a­go­toer­nooi die spit af­ge­byt teen Mont­ser­rat Gon­zá­lez van Para­guay, wat meer as 500 plek­ke bo haar op die wê­reld­rang­lys en agt jaar ou­er as sy is.

Gon­zá­lez, die ses­de ge­keur­de in die toernooi, het be­hoor­lik ge­sweet om haar met 7-6 (11/9), 6-3 te klop.

Kru­ger, wat in die VSA deur T­ho­mas Hog­stedt, ’n voor­ma­li­ge af­rig­ter van ster­re soos Ma­ria S­ha­ra­po­va, Eu­ge­nie Bou­chard, Li Na en Ca­ro­li­ne Wo­z­ni­acki, ge­brei word, gaan aan­staan­de week in Du­bai saam met die Rus E­ka­te­ri­na Ma­ka­ro­va oe­fen. Ma­ka­ro­va het in 2015 die agt­ste plek op die rang­lys be­klee en be­vind haar tans in die 33ste plek.

Daar­na gaan Kru­ger hier in Suid-A­fri­ka in Ge­or­ge oe­fen voor­dat sy na Aus­tra­lië ver­trek vir die Ju­ni­or Aus­tra­lie­se Ope. ■ C­ha­nel Sim­monds (296ste) is tans die voor­ste Suid-A­fri­ka­ner op die WTA-rang­lys, ge­volg deur Kru­ger.

Fo­to: GETTY IMAGES

Zoë Kru­ger

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.