‘Ou den­ke be­na­deel SA rug­by’

Beeld - - Sport - Mar­nus Kok

Rug­by­lui in Suid-A­fri­ka moet hul ver­ou­der­de den­ke laat vaar en pro­vin­si­a­le u­nies kan nie meer net bak­hand staan vir geld by die Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie nie.

Só sê Jannie Louw, die pre­si­dent van die G­rie­kwa­land-Wes Rug­by­u­nie, op die voor­aand van Sa­ru se jaar­ver­ga­de­ring van­dag in Kaap­stad waar die be­gro­ting vir die ko­men­de boek­jaar on­der meer be­spreek sal word.

Ge­rug­te doen die rond­te dat die so­ge­naam­de klei­ner u­nies, wat G­rie­kwas in­sluit, met R5 mil­joen min­der in die ko­men­de boek­jaar oor die weg sal moet kom.

“Die hui­di­ge struk­tuur van SuidA­fri­kaan­se rug­by werk dui­de­lik nie. Ons moet kyk wat­ter struk­tuur S­pring­bok-rug­by tot voor­deel sal strek en dit im­ple­men­teer,” sê Louw.

Die G­rie­kwas-pre­si­dent sê as krag teen krag geld en span­ne wen­rug­by speel, sal dit toe­skou­ers te­rug­lok na die sta­di­ons. Dit sal ook weer die

‘‘

Die hui­di­ge struk­tuur werk dui­de­lik nie in SuidA­fri­kaan­se rug­by nie.

— JANNIE LOUW

beur­sies laat bult.

Op die vraag oor hoe klei­ner u­nies, wat reeds nou­strop trek, met klei­ner spaar­var­kies gaan wen­rug­by speel as hul­le nie goeie spe­lers kan kon­trak­teer nie, sê Louw die rug­by­land­skap moet by ver­an­de­ren­de tye aan­pas.

“Ons dink nog soos wat ons 100 jaar ge­le­de ge­dink het en wil nie ver­nu­we nie. Ek hoor van die nu­we re­ël in Var­si­ty­rug­by (wat voor­sie­ning maak vir ’n krag­spel). Hoe­kom kan ons dit nie ook in ons klu­brug­by toe­pas en die spel op­win­dend maak nie?

“Ons moet op­hou vra wat Sa­ru vir ons kan doen en eer­der vra wat ons vir Suid-A­fri­kaan­se rug­by kan doen,” sê Louw.

Die aan­kon­di­ging oor die t­wee nu­we SA fran­chi­ses wat van aan­staan­de jaar af aan die Ang­lo-Welsh-be­ker gaan deel­neem, word ook moont­lik van­dag ge­doen.

Die G­rie­kwas en die Pu­mas is die guns­te­lin­ge hier­voor.

Die Lui­perds, Val­ke en die G­rif­fons het ’n ge­sa­ment­li­ke bod in­ge­dien, ter­wyl Bo­land, Suid­wes­te­li­ke Dis­trik­te en G­rens ook in ’n bod krag­te saam­ge­snoer het. Die t­wee nu­we fran­chi­ses sal fi­nan­si­ë­le voor­deel trek uit hul deel­na­me aan dié toernooi.

“Dit gaan be­ter bloot­stel­ling vir bor­ge en spe­lers be­te­ken, wat weer spe­lers van ’n be­ter ge­hal­te gaan lok.

“Die uit­koms is ’n staats­ge­heim, maar ek dink ons staan ’n goeie kans,” sê Louw.

■ Rug­by365.com be­rig in­tus­sen dat die Cur­rie­be­ker-kom­pe­ti­sie vol­gen­de jaar steeds tus­sen se­we span­ne be­slis sal word, maar slegs oor ’n en­kel­ron­de. Sa­ru sal ná sy ver­ga­de­ring moont­lik meer lig hier­op werp.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.