Grond: SA in ‘baie ge­vaar­li­ke pro­ses’

Beeld - - Nuus - P­hil­da Es­sop

Die pro­ses om die Grond­wet ver­an­der te kry om grond­ont­ei­e­ning son­der ver­goe­ding moont­lik te maak, maak “iets los wat nie­mand sal kan be­heer nie”, het die VF Plus gis­ter ge­sê.

Dr. Cor­né Mul­der, hoof­sweep van die par­ty, het gis­ter op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie by die par­le­ment ge­sê dit is ’n baie ge­vaar­li­ke pro­ses.

Die par­ty het meer as 101 000 stuk­ke ge­skre­we kom­men­taar oor dié kwes­sie by die par­le­ment se grond­wet­her­sie­nings­ko­mi­tee in­ge­dien.

“Ons peu­ter met die mees fun­da­men­te­le reg in ’n grond­wet­li­ke staat – die reg om ei­en­dom te be­sit. In­ter­na­si­o­na­le bes­te prak­tyk toon dat suk­ses­vol­le lan­de die reg waar­borg om ei­en­dom te be­sit.

“Mis­luk­te sta­te bied nie daar­die waar­borg nie – so, waar­om op dees aar­de wil ons dié roe­te in­slaan?

“Ie­mand het een­keer ge­sê ont­ei­e­ning son­der ver­goe­ding is ’n baie sterk in­stru­ment in die han­de van e­ni­ge re­ge­ring tot die dag waar­op dit ge­doen word.

“Op daar­die dag is ons in die moei­lik­heid, want dit het reu­se-im­pli­ka­sies vir die e­ko­no­mie, in­ter­na­si­o­na­le be­leg­gings en vir die stand van die staat op in­ter­na­si­o­na­le vlak.

“As ons reg­tig ’n skurk­staat wil word, moet ons dié roe­te in­slaan,” het Mul­der ge­sê.

Die slui­tings­da­tum vir ge­skre­we o­pen­ba­re kom­men­taar aan die par­le­ment is van­dag en die ko­mi­tee moet teen 28 Sep­tem­ber aan die par­le­ment ver­slag doen daar­oor. Land­wye o­pen­ba­re ver­ga­de­rings oor die pro­ses be­gin op 26 Ju­nie.

Dr. Pie­ter Groe­ne­wald, lei­er van die VF Plus, het ge­sê die par­ty aan­vaar die be­gin­sel van ont­ei­e­ning, maar nie ont­ei­e­ning son­der ver­goe­ding nie. Daar is dui­de­li­ke al­ter­na­tie­we van hoe die pro­ses aan­ge­pak kan word. Grond is vol­gens hom ’n baie e­mo­si­o­ne­le saak.

“Ons doen ’n be­roep op die re­ge­ring om die kwes­sie te her­oor­weeg om­dat, soos dr. Mul­der uit­ge­wys het, se­ke­re e­mo­sies daar­mee los­ge­laat word wat on­voor­sie­ne ge­vol­ge vir die toe­koms van Suid-A­fri­ka in­hou.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.