‘Bring LP’s die be­wy­se as jy sê OB is on­be­voeg’

Beeld - - Nuus - L­le­wel­lyn P­rin­ce

E­nig­ie­mand wat sê adv. Bu­si­si­we Mkhwe­ba­ne, die o­pen­ba­re be­sker­mer (OB), is on­be­voeg, moet dit aan die ANC in die par­le­ment kan be­wys, meen Jack­son Mthembu, ANC­hoof­sweep.

Mthembu het dit gis­ter by die par­le­ment ge­sê na­dat John Steen­hui­sen, DA-hoof­sweep, Woens­dag die par­le­ment in ’n voor­leg­ging ver­soek het die wet­ge­wer se pro­ses­se moet be­spoe­dig word om Mkhwe­ba­ne uit haar pos as OB te ver­wy­der.

Steen­hui­sen meen on­lang­se hof­uit­spra­ke oor Mkhwe­ba­ne se Ban­korp/CIEX-ver­slag wys sy is on­be­voeg.

Die por­te­feul­je­ko­mi­tee oor jus­ti­sie en kor­rek­tie­we diens­te het aan­ge­dui hy sal la­ter be­sluit of ’n par­le­men­tê­re on­der­soek na Mkhwe­ba­ne se ge­skikt­heid as OB no­dig is.

Die mees­te van die LP’s in dié ko­mi­tee is ANC-LP’s en Mthembu is hul hoof.

Die kri­tiek teen Mkhwe­ba­ne het die af­ge­lo­pe week ook toe­ge­neem na- dat sy in haar ver­slag oor He­len Zil­le se om­stre­de twiets oor ko­lo­ni­a­lis­me be­vind het Zil­le het die Grond­wet daar­mee oor­tree en ras­ver­deeld­heid ge­saai.

Mthembu het gis­ter ge­sê dit kan nie wees dat Mkhwe­ba­ne se ge­skikt­heid as OB deur hof­uit­spra­ke be­paal word nie.

“As ’n la­er hof by­voor­beeld vir Jack­son Mthembu skul­dig be­vind en hy ap­pel­leer suk­ses­vol na ’n ho­ër hof, be­te­ken dit dat (die land­dros of reg­ter) in die la­er hof ver­wy­der moet word om­dat hy on­ge­skik vir sy pos is.

“Dit is die­self­de ar­gu­ment wat teen die OB ge­bruik word.”

Vol­gens Mthembu kan dit nie reg wees nie om­dat wet­ge­wing voor­sorg tref en uit­stip­pel die OB se be­vin­dings kan in ’n hof her­sien word.

“Dit maak haar nie on­ge­skik vir haar pos nie en tot dus­ver het nie­mand ons nog daar­van oor­tuig dat sy on­ge­skik is nie,” sê Mthembu.

Adv. Bu­si­si­we Mkhwe­ba­ne

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.