Paar vas oor han­del in re­nos­ter­ho­ring

Beeld - - Nuus - – E­li­se Tem­pel­hoff

’n Eg­paar het gis­ter vlug­tig in die hof in Ha­zy­view ver­skyn op aan­klag van die be­sit van ’n on­ge­li­sen­si­eer­de vuur­wa­pen en pa­tro­ne.

Dit hou ver­band met re­nos­ter­stro­pe­ry en die sluik­han­del in re­nos­ter­ho­ring.

Pe­trus Syd­ney Ma­bu­za (54) en sy vrou, die 21-ja­ri­ge No­z­we­lo Ma­hu­ma­ne, ’n stu­dent aan U­ni­sa, is in ’n on­der­soek deur die po­li­sie en San­par­ke vas­ge­trek. Hul­le is in A­corn­hoek, M­pu­ma­lan­ga, aan­ge­keer.

“Die po­li­sie en die Groen S­ker­pi­oe­ne het be­slag ge­lê op ’n on­ge­li­sen­si­eer­de jag­ge­weer, ’n knal­dem­per, pa­tro­ne, ’n klomp i­den­ti­teits­do­ku­men­te, bank­kaar­te en Sas­sa-kaar­te,” het brig. Hang­wa­ni Mu­lau­d­zi, woord­voer­der van die Val­ke, gis­ter ge­sê.

Die twee word daar­van be­skul­dig dat hul­le re­nos­ter­ho­ring ver­han­del het. Ma­bu­za word aan­ge­hou. Ma­hu­ma­ne is op borg­tog van R20 000 vry­ge­laat. Hul­le moet weer op 20 Ju­nie in die hof ver­skyn.

Die Val­ke, in sa­me­wer­king met die Groen S­ker­pi­oe­ne, het in Mei Mand­la Mas­he­le (37) en Cal­vin Ma­la­pa­ne (30), twee ver­meen­de mid­del­man­ne van ’n sin­di­kaat, in Be­no­ni in heg­te­nis ge­neem. Hul­le is op borg­tog van R50 000 vry­ge­laat en moet weer op 13 Ju­lie in die hof ver­skyn.

’n Re­nos­ter­ho­ring word in die sluik­han­del vir tot R1,5 mil­joen ver­koop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.