Groep dwing in­bre­kers om te ont­klee

Beeld - - Nuus - – A­let van der Walt

’n Vi­deo van ver­meen­de in­bre­kers wat deur ’n groep mans ge­vang word en dan ge­dwing word om hul kle­re uit te trek, word op so­si­a­le me­dia ver­sprei.

’n Fo­to waar­op die mans ag­ter­in ’n mo­tor sit, doen saam met die vi­deo die ron­de.

Vol­gens in­lig­ting is dié vi­deo in die Ficks­burg-om­ge­wing ge­neem, maar kapt. P­hu­me­le­lo Dhla­mi­ni, po­li­sie­woord­voer­der, sê nie­mand het nog ’n klag oor die voor­val in­ge­dien nie.

Dhla­mi­ni sê ’n huis­ei­e­naar het ’n klag van huis­braak in­ge­dien en die po­li­sie ver­moed die twee voor­val­le hou ver­band.

Die po­li­sie kan niks doen as die ver­meen­de in­bre­kers nie ’n klag in­dien oor hoe hul­le be­han­del is nie. Die po­li­sie is wel be­sig met ’n on­der­soek na die ge­beu­re.

Dié groep mans is glo ná ’n in­braak by ’n huis deur in­wo­ners van die buurt ge­vang en ge­dwing om hul kle­re uit te trek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.