Reg­ter sê van­dag of Co­li­gny-2 vry is

Beeld - - Nuus - Su­san Cil­liers

Die twee mans van Co­li­gny, Noord­wes, wat van die moord op ’n tie­ner­seun aan­ge­kla word, sal na ver­wag­ting van­dag hoor of die saak teen hul­le laat vaar word.

Reg­ter Ron­nie Hen­dricks het die ver­de­di­ging se aan­soek om die ont­slag van Pie­ter Doo­re­waard (27) en P­hil­lip S­chut­te (34) gis­ter in die hoog­ge­regs­hof in M­ma­batho aan­ge­hoor.

Die SAUK be­rig dat Hen­dricks na ver­wag­ting van­dag 12:00 uit­spraak daar­oor sal le­wer.

S­chut­te en Doore­waard ont­ken dat hul­le die 16-ja­ri­ge Ma­tl­ho­mo­la Mos­hoeu in A­pril ver­le­de jaar ver­moor het deur hom van ’n be­we­gen­de bak­kie af te gooi is. Die seun se nek is ge­breek en hy is kort daar­na dood.

S­chut­te en Doore­waard sê hul­le het hom be­trap toe hy son­ne­blom­me ge­steel het in ’n lan­de­ry op die plaas na­by Co­li­gny waar hul­le werk. Hul­le het hom toe glo op die bak­kie ge­laai om hom na die po­li­sie­kan­toor te neem. Vol­gens hul­le het hy op pad daar­heen van die bak­kie af­ge­spring.

Bo­na­ke­le Pa­ki­si, die e­nig­ste oog­ge­tuie, het eg­ter die af­ge­lo­pe week in hul ver­hoor ge­tuig hy het ge­sien hoe die be­skul­dig­des die seun van die bak­kie af­gooi.

Adv. Hen­nie du P­les­sis, Doo­re­waard se regs­ver­teen­woor­di­ger, het Pa­ki­si daar­van be­skul­dig dat hy sy weer­ga­we voort­du­rend ver­an­der. Die be­skul­dig­des se reg­span het ook ver­skeie an­der teen­stry­dig­he­de in Pa­ki­si se ge­tui­e­nis uit­ge­wys. Sel­foon­sta­te staaf glo ook nie die roe­te wat Pa­ki­si be­weer die be­skul­dig­des dié dag ge­ry het nie.

Die ver­de­di­ging het weens dié be­weer­de teen­stry­dig­he­de die aan­soek om ont­slag in­ge­dien.

S­chut­te en Doore­waard is op borg­tog van R5 000 elk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.