Mon­sters jaar ná moord ge­toets

Beeld - - Nuus - Ja­na B­rey­ten­bach

Se­ke­re mon­sters is eers by­na ’n jaar na­dat Court­ney Pie­ters (3) ver­moor is vir DNS ge­toets. Die uit­slag was po­si­tief.

Dit het gis­ter in die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad aan die lig ge­kom toe Mor­ti­mer Saun­ders se regs­ver­teen­woor­di­ger, adv. Mor­nay Ca­litz, ’n aan­soek in­ge­dien het om een van die vo­ri­ge staats­ge­tui­es, Lut­han­do Tiya, weer te roep om te ge­tuig.

Tiya is ’n fo­ren­sie­se kun­di­ge wat Saun­ders se DNS op Court­ney se lyk ge­vind het.

Saun­ders staan te­reg op aan­klag­te van ver­krag­ting en moord. Die staat be­weer hy het Court­ney op 4 Mei 2017 in haar ou­er­huis ver­krag en ver­moor.

Ca­litz wil Tiya her­roep om­dat hy dui­de­lik­heid oor ’n paar be­son­der­he­de wil kry.

Ca­litz het dit on­der die hof se aan­dag ge­bring dat die toet­se van se­ke­re mon­sters eers ein­de A­pril, op ver­soek van die staats­aan­kla­er, uit­ge­voer is.

Hil­de­gard T­hü­ne­mann Oláh, wat dié mon­sters ge­toets het, sal nog ge­roep word om te ge­tuig, maar haar ver­kla­rings is gis­ter voor­lo­pig by die hof in­ge­dien. Dis vir toet­se wat uit­ge­voer is op mon­sters wat op Court­ney se arm, mond en reg­ter­bo­been ge­neem is.

Ca­litz wou by Tiya weet waar­om dié mon­sters nie soos die res ge­toets is nie.

Tiya het ge­ant­woord hul­le werk vol­gens stan­daard- o­pe­ra­si­o­ne­le pro­se­du­res en moet weet wat­ter lig­gaams­vloei­stow­we dit is ten ein­de dit te kan toets.

Fo­to: JA­NA B­REY­TEN­BACH

Mor­ti­mer Saun­ders

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.