Man in hof oor hy mei­sie glo ver­krag

Beeld - - Nuus - – Jackie Kru­ger

’n Man (64) ver­skyn van­dag in die hof in ver­band met die ver­krag­ting van ’n ne­ge­ja­ri­ge mei­sie op La­di­smith.

Kapt. Mal­colm Po­jie, ’n po­li­sie­woord­voer­der, sê die voor­val het Maan­dag tus­sen 07:30 en 12:50 in ’n veld in Roc­co Fe­rus­straat op La­di­smith ge­beur.

Die mei­sie het blyk­baar nie die og­gend s­kool toe ge­gaan nie en in bos­se na­by haar huis weg­ge­kruip.

’n Man het haar ge­sien en haar geld aan­ge­bied om hom die pad na Zo­ar te wys.

Hy het die geld vir haar ge­gee en hul­le het saam in die rig­ting van Zo­ar be­gin stap. Die man het die mei­sie na be­we­ring by bos­se in­ge­dwing en haar twee keer ver­krag. Die mei­sie is huis toe.

Sy het nie­mand van die voor­val ver­tel nie, maar haar ma het la­ter be­sef wat ge­beur het toe sy die kind ge­bad het.

Po­jie sê ’n man is Woens­dag­mid­dag op Oudts­hoorn in ver­band met die voor­val in heg­te­nis ge­neem.

Hy sal van­dag op aan­klag van ver­krag­ting in die land­dros­hof op La­di­smith ver­skyn.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.