Tug­stap­pe kom teen mei­sies wat me­de­leer­ling slaan

Beeld - - Nuus - Ma­rie­tie Louw-Car­stens

Tug­stap­pe sal ge­doen word teen die twee mei­sies van ’n ho­ër­skool in Ses­he­go bui­te Po­lo­kwa­ne wat ver­le­de week ’n me­de­leer­ling aan­ge­rand het.

Aan­vank­lik is ge­glo hul slag­of­fer is ’n on­der­wy­se­res en ’n sel­foon­vi­deo van die voor­val het land­wyd op­slae ge­maak.

Die vi­deo is Maan­dag op Facebook ge­plaas en is meer as 300 000 keer ge­kyk.

Sam Ma­kon­do, woord­voer­der van die on­der­wys­de­par­te­ment in Lim­po­po, sê die twee mei­sies is leer­lin­ge aan die Dr. AMS Ma­kuny­a­ne Se­con­da­ry S­chool in Ses­he­go.

Hy sê in ’n on­der­soek van die de­par­te­ment van on­der­wys in Lim­po­po is vas­ge­stel dit is nie ’n on­der­wy­se­res wat deur die mei­sies ge­slaan en ge­skop is nie, maar ’n me­de­leer­ling.

In­lig­ting in die so­si­a­le me­dia wou dit hê dat die twee mei­sies in hul lig­blou skool­u­ni­forms ’n on­der­wy­se­res aan­ge­rand het na­dat sy glo ’n sel­foon by een van hul­le af­ge­vat het. Ma­kon­do sê dit is on­sin. Die mei­sie wat in die vi­deo aan­ge­rand word, is ná die skool­dag huis toe in Ses­he­go waar sy ver­klee het.

Die twee leer­lin­ge, steeds in hul skool­u­ni­forms, het bui­te haar huis ge­wag en haar toe aan­ge­rand.

Ma­kon­do sê dit is nog nie dui­de­lik hoe­kom hul­le die mei­sie aan­ge­rand het nie.

Hy kan nie sê of die mei­sie wat aan­ge­rand is, be­seer is nie en wil nie sê in wat­ter graad die leer­lin­ge is nie om hul i­den­ti­teit te be­skerm.

Tug­stap­pe sal teen die twee leer­lin­ge ge­doen word.

Ish­ma­el K­ge­tje­pe, LUR vir on­der­wys in Lim­po­po, sê hy is ge­skok oor die erns­ti­ge voor­val, wat die s­kool in on­eer ge­bring het.

“Ons ver­wag van leer­lin­ge om hul­le by die s­ko­le en in die o­pen­baar or­dent­lik te ge­dra.”

Die Suid-A­fri­kaan­se Raad van Op­voe­ders (Sa­ce) het die voor­val ook ver­oor­deel.

Kol. Mo­ats­he N­goe­pe, po­li­sie­woord­voer­der in Lim­po­po, sê die voor­val word on­der­soek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.