Bok-stut kry skets vir sy 100ste toets

Beeld - - Nuus - Ru­an Bru­wer

’n Bloem­fon­tein­se kuns­te­naar wat ’n paar jaar ge­le­de ’n pot­lood­skets van Ten­dai (Be­ast) M­ta­wa­ri­ra ge­te­ken het, het ge­re­ken nou met Be­ast se 100ste toets mô­re sal dit die i­de­a­le ge­leent­heid wees om dit aan hom te gee.

Soos die nood­lot dit wou hê, het War­ren Gib­son (46), ’n vol­tyd­se beel­den­de kuns­te­naar, M­ta­wa­ri­ra, stut van die S­pring­bok­ke, Woens­dag in ’n win­kel­sen­trum in Bloem­fon­tein raak­ge­loop, maar die skil­de­ry nie by­der­hand ge­had nie.

Gib­son hoop om die oor­han­di­ging van­aand te doen of an­der­sins net ná die toets teen En­ge­land in die Vry­staat-sta­di­on in Bloem­fon­tein.

“Ek het dit des­tyds ge­te­ken om­dat ek hou van hom as ’n spe­ler. Toe ek hoor hy speel Sa­ter­dag (mô­re) sy 100ste toets en dit is hier in Bloem, het ek be­sluit om dit te raam en ’n plaat­jie met sy naam en S­pring­bok-nom­mer daar­op te sit.” (M­ta­wa­ri­ra is die 797ste S­pring­bok en het sy bui­ging in 2008 ge­maak.)

“Ek het hom ’n ruk ge­le­de ’n fo­to van die skets op In­sta­gram ge­stuur en hy het nog­al baie daar­van ge­hou. Toe loop ek hom heel toe­val­lig Woens­dag in ’n win­kel­sen­trum raak en ek kon hom toe in per­soon ont­moet. On­ge­luk­kig was die skets by die huis. Ons kon da­rem ’n fo­to saam neem.

“Hy was baie op­ge­won­de toe ek aan hom sê ek wil die skets aan hom gee. Hy was ter­self­der­tyd baie ne­de­rig daar­oor,” sê Gib­son.

Fo­to: MLUNGISI LOUW

War­ren Gib­son met die te­ke­ning van die S­pring­bok-rug­by­spe­ler Ten­dai M­ta­wa­ri­ra.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.