In­wo­ners be­stuur wa­ter in NW-dorp nou self

Beeld - - Nuus - Su­san Cil­liers

In­wo­ners van Kos­ter in Noord­wes en die om­lig­gen­de towns­hips het nou vir die eer­ste keer in se­we jaar 24 uur per dag wa­ter na­dat die hof die plaas­li­ke be­las­ting­be­ta­lers­ver­e­ni­ging toe­stem­ming ge­gee het om die wa­ter­voor­sie­ning voor­lo­pig te be­stuur.

Ca­rel van Heer­den, voor­sit­ter van die ver­e­ni­ging, sê dié ge­bied in Noord­wes het die laas­te klom­pie ja­re ge­mid­deld net twee uur sog­gens en twee uur saans wa­ter ge­had weens die swak be­stuur van die dorp se wa­ter­wer­ke.

“Ons sien nou met die hulp en teg­nie­se kun­dig­heid van mu­ni­si­pa­le wer­kers toe dat die wer­ke funk­si­o­neer en be­vei­lig word.

“Die in­ter­dik gee ons ook die mag om die mu­ni­si­pa­li­teit te vra om in­stand­hou­ding en her­stel­werk te doen. As hul­le dit nie bin­ne die ge­stel­de sper­tyd doen nie, kan ons diens­te van bui­te hier­voor ge­bruik en die kos­te daar­voor van die mu­ni­si­pa­li­teit ver­haal.”

Jo­seph Mo­ga­le, mu­ni­si­pa­le be­stuur­der van die K­get­leng­ri­vier-mu­ni­si­pa­li­teit, wat Kos­ter be­dien, het gis­ter ge­sê die mu­ni­si­pa­li­teit sal die drin­gen­de tus­sen­tyd­se in­ter­dik eer­bie­dig wat die plaas­li­ke land­dros­hof vroeg in Ju­nie toe­ge­staan het.

“Ek is be­sig om ’n be­ë­dig­de ver­kla­ring op te stel vir wan­neer ons (in Sep­tem­ber) weer in die hof moet wees om te sê hoe­kom die in­ter­dik nie toe­ge­staan moet word nie. Daar­in ver­dui­de­lik ek wat ons al­les ge­doen het om die wa­ter­pro­ble­me op te los. Ek hoop eg­ter ons kan vroe­ër ’n skik­kings­oor­een­koms met die be­las­ting­be­ta­lers­ver­e­ni­ging aan­gaan. Ons werk nie teen me­kaar nie, ons wil ook hê al die in­wo­ners moet wa­ter hê.”

Mo­ga­le er­ken die ge­bied er­vaar al ja­re lank “uit­da­gings” met wa­ter­voor­sie­ning. Die si­tu­a­sie het ver­sleg na­dat som­mi­ge in­wo­ners in Mei nie wa­ter ge­had het nie en be­gin be­toog het.

’n Pomp­sta­sie het nie ge­werk nie en is in die be­to­gings be­ska­dig. Wer­kers moes vir die be­to­gers vlug.

“Ons het Ma­ga­lies-Wa­ter laat kom en hul­le het vas­ge­stel die wa­ter­ge­hal­te is nie goed ge­noeg vir drink­doel­ein­des nie om­dat daar nie ge­noeg chloor in was nie,” sê Mo­ga­le.

K­waad­doe­ners het boon­op on­langs ’n oor­do­sis wa­ter­sui­we­ring­stow­we in die wer­ke se op­gaar­dam ge­gooi, wat die wa­ter on­bruik­baar ge­maak het.

Die mu­ni­si­pa­li­teit het pro­beer om wa­ter in tenks aan die in­wo­ners te ver­skaf, maar die in­wo­ners het toe ge­dreig om die tenks aan die brand te steek.

Van Heer­den sê hul­le het ein­de Mei be­sluit om ter wil­le van die in­wo­ners in al­le buur­te in en om Kos­ter in te gryp met die be­stuur van die wa­ter­bron­ne.

“Hier ís wa­ter. Dit moet net in die py­pe kom, dan het in­wo­ners in al­le ge­bie­de wa­ter. Die tenks kan nie aan al­mal voor­sien nie.”

Die on­bruik­ba­re wa­ter word nou uit die op­gaar­dam ge­pomp, ter­wyl wa­ter di­rek van die Kos­ter­dam na die wa­ter­wer­ke ge­pomp word. Die be­las­ting­be­ta­lers­ver­e­ni­ging het ook op eie kos­te ka­me­ras by die twee pomp­sta­sies ge­ïn­stal­leer om die vei­lig­heid te ver­be­ter.

Van Heer­den sê die ver­e­ni­ging maak nou in sa­me­wer­king met die mu­ni­si­pa­li­teit se­ker die wa­ter­wer­ke is be­vei­lig.

“Ons het die wer­ke op­ge­ruim en skoon­ge­maak om­dat (on­der meer) dui­we­mis die wa­ter be­soe­del. Die wer­ke stort in­een, die dak val in.”

Die wa­ter­wer­ke by Kos­ter in Noord­wes kort voor­dat die plaas­li­ke be­las­ting­be­ta­lers­ver­e­ni­ging daar in­ge­gryp het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.