Hoe­we-aan­val: Koe­ël uit man se been ge­haal

Beeld - - Nuus - And­rea K­ü­sel

Die man van En­di­cott, S­prings, wat vroe­ër die week aan die dood ont­kom het toe drie ro­wers hom en sy vrou in hul slaap­ka­mer oor­val het, is steeds in die hos­pi­taal.

Georg Lands­berg (54) is Woens­dag­mid­dag in die Ne­t­ca­re N17-hos­pi­taal in S­prings ge­o­pe­reer om die koe­ël uit sy bo­been te ver­wy­der.

“Die o­pe­ra­sie was suk­ses­vol en die koe­ël is uit. Ek voel nog ’n bie­tjie moeg en koor­sig, maar dis ’n ver­lig­ting dat die koe­ël uit is,” sê Lands­berg.

Ter­wyl hy en sy vrou, Mar­tie (50), ge­slaap het, het die ro­wers hul ka­mer­deur Dins­dag in die vroeë og­gend­u­re oop­ge­skop.

Daar is vroe­ër be­rig dat hul­le die vei­lig­heids­hek en voor­deur af­ge­breek het om by die huis in te kom.

“Die een ou het da­de­lik ’n wa­pen op my ge­rig. Ek het op­ge­vlieg en kon ge­luk­kig my re­wol­wer, wat langs my ge­lê het, gryp,” het Lands­berg vroe­ër ge­sê.

Een van die ro­wers het Lands­berg in die bo­been ge­skiet. Hy het te­rug­ge­skiet en die ro­wer in die bors ge­tref. Hy is op die to­neel dood.

Lands­berg is in die don­ker huis ag­ter die an­der ro­wers aan en ver­moed hy het een van hul­le in die been ge­wond.

Hul­le het eg­ter ont­snap. Lands­berg se hon­de – ’n boer­boel­teef, vier Jack Rus­sells en ’n wors­hond­jie – is ver­gif­tig.

“Ek kan nie te­vre­de voel nie. Dis my huis en my goed. Hul­le het die ver­me­tel­heid ge­had om in my huis in te kom en my goed te vat,” sê Lands­berg.

Hy sê dit gaan al be­ter met Mar­tie na­dat sy Dins­dag “in ’n toe­stand” was.

Vol­gens Lands­berg be­hoort hy teen die na­week ont­slaan te word. Mar­tie is nie in die voor­val be­seer nie.

Lands­berg sê hy is nog nie se­ker of die ro­wers e­nig­iets ge­steel het nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.