‘Praat’ jy of is dit die ‘tôl’ wat jy ‘prôt’?

Beeld - - Kommentaar - Ja­na Lut­her Ja­na Lut­her werk vir die Vir­tu­e­le In­s­ti­tuut vir A­fri­kaans.

Stel jou ’n ge­sin in die Kaap voor. Nog een in Kim­ber­ley en nog een in Gau­teng. Al dié men­se praat A­fri­kaans, dik­wels ook En­gels en an­der ta­le tus­sen­in. By die huis, by die werk, by die s­kool; met hul fa­mi­lie­le­de en bu­re; an­der men­se in hul om­ge­wing; kol­le­gas by die werk; on­der­wy­sers en klas­maats. Hul­le W­hats­App me­kaar ge­reeld en wan­neer hul­le skryf, skryf hul­le min of meer die­self­de. Maar wan­neer hul­le praat, praat elk­een met net ’n ef­fens an­der ak­sent.

In die taal­kun­de ver­wys die woord “ak­sent” na die ti­pie­se uit­spraak van ’n per­soon of ’n groep en die ver­skil­le tus­sen hoe spre­kers van die­self­de taal in ver­skil­len­de de­le van ’n land of in ver­skil­len­de ge­meen­skap­pe woor­de uit­spreek. Uit­spraak­ver­skil­le kom in baie ta­le voor. In lan­de soos Ne­der­land, Duits­land, B­rit­tan­je en die VSA is en­ke­le sin­ne dik­wels ge­noeg om die spre­ker se her­koms te ver­klap.

Luis­ter fyn na die A­fri­kaans wat jy om jou hoor. Let op jou eie taal­ge­bruik. Waar plaas jy die klem op woor­de?

Eet jy “TURKS­vye” of “turks­VYe”? On­t­rond of oor­rond jy vo­ka­le; stap jy by die

“deur” of by die

“deer” in; lui die kerk­klok “se­we” of

“seu­we” keer; eet jy

“pa­tats” of “pe­tats”?

As­si­mi­leer jy; sê jy

“an­ders” of “an­ners”,

“aan­pas” of “aam­pas”? Na­sa­leer jy; spreek jy “mens” en

“pens” ef­fens deur jou neus uit? Pa­la­ta­li­seer jy; gaan jy “kerk” toe of “kjerk” toe? Gee jy ie­mand ’n “pre­sent” of “per­sent”? Woon jy in die Bo­land; dan rol jy dalk jou “r’e”. “Praat” jy die “taal” of is A­fri­kaans die “tôl” wat jy “prôt”?

In ge­spro­ke A­fri­kaans kom al hier­die klank­ver­skyn­sels voor. Tus­sen die taal­ge­bruik van om­trent el­ke twee A­fri­kaans­ge­brui­kers is ook an­der ver­skil­le te be­speur – u­nie­ke woor­de, uit­druk­kings, sins­pa­tro­ne.

Wan­neer groe­pe men­se nie net met ak­sent­ver­skil­le praat nie, maar hul taal­ge­bruik ook op an­der ma­nie­re ver­skil, word in die taal­kun­de na ver­skil­len­de va­ri­ë­tei­te of di­a­lek­te ver­wys. In ’n groot­skaal­se on­der­soek in die 1980’s het taal­kun­di­ges van die Meer­tens In­s­ti­tuut in Ne­der­land, Bel­gië en in die noord­wes­te van Frank­ryk nie min­der nie as 613 Ne­der­land­se di­a­lek­te on­der­skei.

Daar­by kan A­fri­kaans met sy drie va­ri­ë­tei­te – Kaap­se A­fri­kaans, Na­ma­kwa­lands en Oos­grens­a­fri­kaans – nie kers vas­hou nie. Maar luis­ter ’n mens fyn, kan jy ook an­ders tel. In Suid-A­fri­ka ver­staan meer as 7 mil­joen men­se A­fri­kaans en uit die mond van elk van dié 7 mil­joen klink A­fri­kaans net ’n klein bie­tjie an­ders as die A­fri­kaans van e­nig­ie­mand an­ders.

So be­skou, is daar van A­fri­kaans van­dag nie net drie nie, maar so­wat 7 mil­joen u­nie­ke va­ri­a­sies, waar­van die ge­skie­de­nis tot on­ge­veer

1 000 jaar ge­le­de te­rug­ge­voer kan word.

By A­fri­kaans.com skryf ek oor hier­die ver­skei­den­heid: A­fri­kaans as stan­daard- en as om­gangs­taal; as bol­la­taal en djô­l­taal.

‘‘

Lui die kerk­klok ‘se­we’ of ‘seu­we’ keer; eet jy ‘pa­tats’ of ‘pe­tats’? Sê jy ‘an­ders’ of ‘an­ners’?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.