Perk op ver­vol­ging van sek­s­oor­tre­ders op­ge­hef

Beeld - - Nuus - Ja­na B­rey­ten­bach

Sek­s­oor­tre­ders sal nes moor­de­naars ver­volg kan word on­ge­ag wan­neer hul­le hul mis­da­de ge­pleeg het, het die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof gis­ter be­slis.

Die hof het die be­per­king van 20 jaar op die ver­vol­ging van seks­mis­da­di­gers op­ge­hef, te­rug­wer­kend van 27 A­pril 1994, toe Suid-A­fri­ka se de­mo­kra­tie­se Grond­wet van krag ge­word het.

Die be­vel is vir 24 maan­de op­ge­skort om die par­le­ment tyd te gee om die Straf­pro­ses­wet te wy­sig.

As die par­le­ment die wet nie bin­ne 24 maan­de wy­sig nie, sal die hof se tus­sen­tyd­se be­vel art. 18 van dié wet amp­te­lik ver­vang.

Die uit­spraak is ge­le­wer in ’n saak van agt men­se wat die Jo­han­nes­burg­se mil­jar­dêr Sid­ney Fran­kel daar­van be­skul­dig het dat hy hul­le as kin­ders sek­su­eel aan­ge­rand het.

Hul­le het in 2015 ge­vra dat die tyd­be­per­king wat die wet op ver­vol­ging plaas on­grond­wet­lik ver­klaar word.

Fran­kel is ver­le­de jaar dood.

Die hoog­ge­regs­hof in Jo­han­nes­burg het die aan­soek toe­ge­staan, waar­na die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof dit nou be­krag­tig het.

Waar­ne­men­de reg­ter Du­mi­sa­ni Ha­mil­ton Zon­di het die uit­spraak na­mens tien reg­ters ge­lees.

Die reg­ters het ge­sê die wet het tal­le slag­of­fers daar­van weer­hou om reg­stap­pe te doen ter­wyl dit mis­da­di­gers be­skerm het.

“Die be­wy­se voor ons wys waar­mee tal­le vroue en kin­ders te doen het. Dit wys wat die swak plek­ke in die stel­sel is wat toe­laat dat hul­le met ge­weld mis­bruik word.”

Dit geld sek­su­e­le aan­ran­ding, ver­krag­ting of mis­bruik om por­no­gra­fie te maak.

Die hof het be­slis dit is nie reg­ver­dig om on­der­skeid te tref tus­sen ver­skil­len­de sek­su­e­le mis­da­de nie.

“Sek­su­e­le oor­tre­dings kan ver­skil, maar die siel­kun­di­ge ska­de kan baie oor­een­stem.”

Or­ga­ni­sa­sies, soos Wo­men and Men A­gainst C­hild A­bu­se en Regs­lui vir Men­se­reg­te, het die kla­ers by­ge­staan.

Sid­ney Fran­kel

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.