Man kry glo psi­gi­a­trie­se be­han­de­ling

Hy steek 2 dood, word self ge­skiet

Beeld - - Nuus - May­ge­ne de Wee

Soos die­re in ’n slag­plaas is twee Mos­lem-ge­lo­wi­ges gis­ter in die vroeë og­gend­u­re in die Ne­ri­na­straat-mos­kee in Wes­bank, Mal­mes­bu­ry, ver­moor.

Is­mail Bas­sa (72) en Sa­y­aad Hi­dig het ver­moe­de­lik nog ge­slaap toe hul aan­val­ler hul­le met ’n mes dood­ge­steek het.

’n Der­de man, moe­la­na A­ch­mat Ali, die i­mam van die mos­kee, het die aan­val oor­leef.

Hy was gis­ter nog in die Swart­land-hos­pi­taal in Mal­mes­bu­ry.

Bas­sa se seun Fai­zel, wat die kre­te van an­der ge­lo­wi­ges ge­hoor het wat ook in die mos­kee ge­slaap het, is ook aan­ge­val toe hy hul­le gaan help het.

Fai­zel is in die ge­sig en arm ge­steek. Hy is gis­ter­mid­dag weer in die hos­pi­taal be­han­del na­dat die wond aan sy arm be­gin bloei het.

Die Bas­sas woon reg langs die mos­kee. Mos­lem-ge­lo­wi­ges en an­der in­wo­ners van die Mal­mes­bu­ry-ge­meen­skap het na hul klin­ker­steen­huis ge­stroom om hul me­de­lye te be­toon.

Die aan­val­ler, glo ene Noor Al­lie (25), is kort ná die aan­val in die veld dood­ge­skiet na­dat hy die po­li­sie ook pro­beer aan­val het. Sy naam kon nie be­ves­tig word nie.

Po­li­sie­le­de op die to­neel sê vol­gens ’n vriend was die aan­val­ler, ’n So­ma­lie­se bur­ger, on­langs nog ’n pa­si­ënt in ’n psi­gi­a­trie­se hos­pi­taal in Kaap­stad.

S­peur­ders van die Val­ke het men­se wat hom moont­lik ken, on­der­vra en psi­gi­a­trie­se hos­pi­ta­le in en om Kaap­stad ge­bel om sy i­den­ti­teit te pro­beer be­ves­tig.

S­ha­rief van S­chalk­wyk, ’n lid van Wes­bank se buurt­wag wat ook in die Ne­ri­na­straat-mos­kee aan­bid, het ver­tel hoe hy die aan­val­ler se mes­ste­ke ont­duik het.

Hy sê hy het tus­sen 03:00 en 04:00 op hul W­hat­sApp-groep ’n bood­skap ge­sien oor die aan­val en is na die mos­kee, waar mans ge­sê het die aan­val­ler is die straat op.

Hy is in sy mo­tor ag­ter­na. “Ek het die man in die straat sien af­hard­loop, uit my mo­tor ge­klim en ag­ter hom aan­ge­hard­loop. Hy het met ’n mes na my ge­steek.”

Hy het te­rug na sy mo­tor ge­hard­loop met die aan­val­ler ag­ter­na.

“Ek het my ruit op­ge­draai, maar hy het steeds met die mes na my ge­kap.”

Die po­li­sie was toe ook al op die to­neel en hul­le het die aan­val­ler ag­ter­na­ge­sit.

Van S­chalk­wyk sê hy het een of twee sko­te hoor klap en toe was dit stil.

Die man wou die po­li­sie glo ook met die mes aan­val.

Die Val­ke se een­heid wat mis­daad teen die staat on­der­soek, het die on­der­soek oor­ge­neem.

Hul­le was op die to­neel toe le­de van die po­li­sie se bo­meen­heid die aan­val­ler se lyk vir plof­toe­stel­le deur­ge­soek het.

Die So­ma­lie­se bur­gers wat in die mos­kee aan­bid, sê hul­le ken die man glad nie, sê Im­raahn Mu­kad­dam, Bas­sa se neef.

Hy het glo ook nie ’n di­a­lek ge­praat wat die men­se ken nie.

Hy het glo Woens­dag­aand laat by die mos­kee ge­vra of hy die aand daar kon slaap. Die man was glo op pad na V­re­den­burg aan die Wes­kus.

Vol­gens Mu­kad­dam en Van S­chalk­wyk mag Mos­lems nie men­se kos of slaap­plek in ’n tyd van nood wei­er nie.

Van S­chalk­wyk sê ge­rug­te op so­si­a­le me­dia dat ’n vlag om sy lyf ge­dra­peer was, is on­waar.

Hy het vol­gens hom ’n ge­wo­ne wit-en-rooi serp, soos wat Mos­lem-mans ge­woon­lik dra, om sy skou­ers ge­had.

Bas­sa is gis­ter 18:00 be­gra­we.

Fo­to: JACO MARAIS

Be­amp­tes van die Wes-Kaap­se ge­sond­heids­de­par­te­ment ver­wy­der die aan­val­ler se lyk.

Fo­to: JACO MARAIS

Dié man is ’n ken­nis van die aan­val­ler, maar wil nie sy naam gee nie.

Is­mail Bas­sa (72) is gis­ter­og­gend met ’n mes in die mos­kee dood­ge­steek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.