Kaap­stad loop deur on­der oor­stro­mings

Beeld - - Nuus -

Die Hu­ge­no­te-ton­nel was gis­ter­mid­dag vir ver­keer ge­sluit ná ’n krag­on­der­bre­king ter­wyl swaar re­ën oor die he­le Kaap­se me­tro­pool uit­ge­sak het.

Paaie was se­dert vroeg­og­gend oor­stroom, dak­ke het by ’n on­der­ne­ming af­ge­waai en bo­me is ont­wor­tel.

Nie­mand is tot dus­ver dood nie.

C­har­lot­te Po­well, woord­voer­der van die Kaap­stad­se ramp­be­stuur­sen­trum, het gis­ter­og­gend ge­sê oor­stro­mings is aan­ge­meld in die in­for­me­le ne­der­set­tings BM Secti­on, G­reen Point, To­wn 2 en Tai­wan in K­haye­lit­sha en Ma­si­cin­da­ne in S­trand­fon­tein.

Die wind het dak­ke af­ge­ruk in A­san­da Vil­la­ge in die S­trand.

“’n Paar paaie in die me­tro­pool is oor­stroom.

“Ramp­be­stuurs­be­amp­tes as­ses­seer die si­tu­a­sie en die paaie word deur die paaie- en storm-wa­ter­af­de­ling skoon­ge­maak.”

Teen 15:30 het sy ge­sê oor­stro­mings is aan­ge­meld in in­for­me­le ne­der­set­tings in K­haye­lit­sha, Lan­ga, die S­trand, S­trand­fon­tein, P­hi­lip­pi, Ken­sing­ton en At­lan­tis.

In dié sta­di­um is so­wat 500 struk­tu­re ge­raak.

Nood­be­skut­ting is nog nie be­skik­baar ge­stel nie.

Die af­de­ling vir in­for­me­le ne­der­set­tings as­ses­seer die si­tu­a­sie en deel kos­pak­kies uit, sê Way­ne Dy­a­son, woord­voer­der van Kaap­stad se wets­toe­pas­sings­af-de­ling.

Daar is ook kra­gon­der­bre­kings in B­rid­ge­town, Athlo­ne.

“Teg­ni­ci is be­sig om die krag te her­stel. Tal­le bo­me is ont­wor­tel in Ke­nil­worth, Pa­row In­dus­tria en Good­wood en dit ge­niet aan­dag, as­ook paaie in die me­tro­pool wat oor­stroom is,” sê Dy­a­son.

Die re­ën het tot dus­ver geen noe­mens­waar­di­ge im­pak op ver­keer in die stad ge­had nie.

Max­i­ne Be­zui­den­hout, woord­voer­der van die Kaap­se ver­keers­diens­te, sê mo­to­ris­te bring hul kant.

“Hul­le be­stuur met hul hoof­lig­te aan. Daar is op die oom­blik geen groot voor­val­le op ons paaie nie.”

Voor­lo­pi­ge sy­fers dui daar­op dat die kou­e­front brood­no­di­ge re­ën­val bring vir die stad, wat steeds ge­buk gaan on­der ’n droog­te.

Vol­gens Ka­te Tur­ner van die Kaap­se weer­kan­toor het groot­skaal­se re­ën se­dert gis­ter­og­gend in be­lang­ri­ke op­vangs­ge­bie­de van die Kaap­se dam­me ge­val.

Ed­ward En­gel­brecht, ’n weer­voor­spel­ler van die Suid-A­fri­kaan­se Weer­diens, sê se­dert Mei was daar meer kou­e­fron­te in die Wes-Kaap as in die oor­een­stem­men­de tyd­perk in 2017 en hul­le be­weeg ook ef­fens ver­der noord in.

“Ons ver­wag ef­fens ho­ër as nor­ma­le re­ën­val dié win­ter, maar dit be­te­ken nie dat dit die droog­te sal breek nie.” – Car­rynAnn Nel en Dun­can Alf­reds, News24

Fo­to: MAURICETTE SMITH | FACEBOOK

Só het dit gis­ter­og­gend voor ’n s­kool in Melk­bos­strand ge­lyk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.