Grond­eis vir park word nou on­der­soek

Beeld - - Nuus - P­hil­da Es­sop

Die DA ver­wel­kom die be­sluit deur die par­le­men­tê­re por­te­feul­je­ko­mi­tee oor lan­de­li­ke ont­wik­ke­ling en grond­her­vor­ming dat ’n fo­ren­sie­se on­der­soek in­ge­stel moet word na die om­stre­de Ma­la Ma­la-res­ti­tu­sie­grond­eis.

Die staat het Ma­la Ma­la, wat as een van A­fri­ka se bes­te wild­re­ser­va­te be­stem­pel word, in 2014 teen R1 mil­jard aan­ge­koop wat dit amp­te­lik Suid-A­fri­ka se duur­ste res­ti­tu­sie­grond­eis in die ge­skie­de­nis ge­maak het.

Ken Ro­bert­son, DA-LP, het gis­ter in ’n ver­kla­ring daar­op ge­wys dat die grond­ei­se­hof en die hoog­ge­regs­hof vroe­ër be­vind het dat die prys wat vir Ma­la Ma­la in die voor­uit­sig ge­stel is “bui­ten­spo­rig” is en nie in die bes­te be­lang van Suid-A­fri­ka­ners is nie.

“Die tran­sak­sie is wel be­klink voor­dat dit die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof be­reik het en dit moet on­der­soek word,” lui Ro­bert­son se ver­kla­ring.

Ko­mi­tee­le­de het van­dees­week, ná aan­moe­di­ging deur die DA om die eis te be­spreek, oor­een­ge­kom dat die spe­si­a­le on­der­soek­een­heid ’n fo­ren­sie­se on­der­soek na die eis moet ge­las.

Ro­bert­son sê die ver­slag wat aan die ko­mi­tee voor­ge­lê is, sit uit­een hoe die de­par­te­ment van lan­de­li­ke ont­wik­ke­ling en grond­her­vor­ming die eis han­teer het en wys op “moont­li­ke kor­rup­sie” in die hui­di­ge ge­meen­skaps­ei­en­doms­ver­e­ni­ging.

Dit het vol­gens hom wel nie ver­dui­de­lik waar­om die staat die aan­vank­lik voor­ge­stel­de be­drag van R751 737 mil­joen teen­ge­staan het, maar uit­ein­de­lik op die ver­hoog­de be­drag bui­te die ho­we be­sluit het nie.

Daar is vroe­ër be­rig dat dr. Da­vid Ma­bun­da, voor­ma­li­ge hoof van San­par­ke, na be­we­ring munt ge­slaan het uit die tran­sak­sie vir dié spog­wild­re­ser­vaat in M­pu­ma­lan­ga wat aan die Kru­ger­wild­tuin grens.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.