Droog­te: Boe­re in N-Kaap ‘kou klip­pe’; be­no­dig nog hulp

Beeld - - Nuus - C­har­né Kemp

Die Noord-Kaap­se de­par­te­ment van land­bou, as­ook die de­par­te­ment van wa­ter en sa­ni­ta­sie, werk saam met A­gri Noord-Kaap om nog droog­te­hulp vir die win­ter te kry.

Dit kom na­dat die na­si­o­na­le ramp­ver­kla­ring van die droog­te in die Wes-, die Oos- en die Noord-Kaap Woens­dag ver­stryk het.

Hen­ning My­burgh, hoof­be­stuur­der van A­gri Noord-Kaap, sê boe­re kry van­dees­maand die laas­te vee­voer­hulp in­ge­vol­ge die ramp­ver­kla­ring.

“Ons hoop dat ons nu­we aan­soek om hulp van Ju­lie tot Au­gus­tus vir die suid­wes­te­li­ke deel van die pro­vin­sie sal slaag. Die he­le Na­ma­kwa­land en aan­gren­sen­de de­le in die Pix­ley Ka Se­meen Z.F. Mg­ca­wu-dis­trik word ook deur die droog­te ge­raak.

“Dit het nie mil­de­lik, e­we­re­dig en wyd­ver­spreid in die so­mer­re­ën­val­ge­bied ge­re­ën nie en die droog­te duur voort. Die droog­te­hulp wat die re­ge­ring ge­gee het, was ’n ge­wel­di­ge ver­lig­ting vir boe­re.

“Die mees­te boe­re het nie meer le­nings­ge­rie­we of kon­tant om voer te koop nie. Die vee wat met staats­hulp ge­voer is, kon vir ’n in­kom­ste ver­koop word.

“Ons sal bin­ne­kort ’n pei­ling doen van hoe­veel boe­re dit nie ge­maak het nie en die hand­doek in­ge­gooi het.”

Die de­par­te­ment van wa­ter en sa­ni­ta­sie en Gift of the Gi­vers is be­sig om boor­ga­te in Sut­her­land na te gaan, nu­wes te sink en vee­voer, as­ook le­wens­mid­de­le, aan in­wo­ners te skenk.

Vol­gens Im­ti­az Sool­i­man van Gift of the Gi­vers re­ken die hulp­or­ga­ni­sa­sie daar is 56 boe­re wat op die punt staan om boe­del oor te gee.

Vol­gens een plaas­li­ke boer­vrou, wat a­no­niem wil bly, “kou hul­le klip­pe”.

“Ons is dank­baar oor die vee­voer wat die re­ge­ring gee, maar dit is glad nie ge­noeg nie.

“Ie­mand met 2 000 ska­pe kan nie die­self­de be­drag geld vir vee- voer kry as ie­mand met 80 ska­pe nie. Die staats­hulp hou ons ’n week; vir die klei­ner boer hou dit lan­ger.”

Die ramp­ver­kla­ring moet nou her­nu word voor­dat ver­de­re hulp uit­ge­deel word.

“Ons is op ons laas­te. Die skuld­be­ra­dings­maat­skap­py on­der­han­del na­mens ons met ons kre­di­teu­re.

“Ek was ver­geefs by el­ke bank om hulp te soek. Ons kan nie meer by die ko­ö­pe­ra­sie op skuld koop nie. Al­les is kon­tant.

“Dit help ook nie ons ver­koop ons pla­se om die skuld te delg nie, want dan het ons be­hoor­lik niks nie.

“Ons durf nie ons me­die­se fonds- en po­lis­be­ta­lings staak nie. Wat gaan van ons word as my man siek word of ons die pla­se ver­loor?” vra sy.

Sy sê wel hul­le kan nie be­kos­tig om in ’n bon­del te sit en huil nie.

“Daar is ge­noeg om oor te dink. En ons het ook goeie dae.

“Ons praat nie voor die kin­ders van skuld nie. Ons loop nie met ons pro­ble­me te koop nie. Mis­kien is dit ver­keerd; mis­kien is ons te trots. Ek kan nie o­pen­lik be­del nie.

“Ek is ge­luk­kig ’n po­si­tie­we mens. Ek glo dit gaan re­ën; ek glo daar is ’n uit­koms. My man is meer be­druk. Ek moet vir hom sterk bly.”

Fo­to: C­HAR­NÉ KEMP

Die droog­te in die Noord-Kaap dwing boe­re om hul vee pal te voer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.