S­kaam B­rit (13) ver­stom op kas­sie

Beeld - - Wêreld-beeld -

’n S­kaam 13-ja­ri­ge skool­mei­sie van B­rit­tan­je se plek in die kwart­eind­ron­de van A­me­ri­ca’s Got Ta­lent (AGT) is ver­se­ker toe sy die be­oor­de­laars met ’n roe­ren­de weer­ga­we van O­tis Red­ding se “Hard to Hand­le” ver­stom het.

Dai­ly Mail be­rig Court­ney Had­win van Hes­le­den in Dur­ham het Dins­dag­aand ná haar op­tre­de ’n staan­de toe­jui­ging van al vier die be­oor­de­laars ge­kry.

Ho­wie Man­del, een van die be­oor­de­laars, was so be­ïn­druk deur Court­ney dat hy die goue zoe­mer ge­druk en so­doen­de ver­se­ker het dat sy deur is na die reg­streek­se uit­sen­ding en vir die prys­geld van $1 mil­joen in aan­mer­king kom.

Sy sê die goue zoe­mer was meer as “wat sy nog ooit oor kon droom”, be­rig die BBC.

Court­ney het ge­du­ren­de die ou­di­sie Mel B, ’n be­oor­de­laar, se vrae on­ge­mak­lik be­ant­woord en er­ken dat sy “baie se­nu­wee­ag­tig is”.

Die s­kaam mei­sie ver­dwyn eg­ter vin­nig wan­neer sy ruk­ke­rig dans­pas­sies be­gin uit­voer en in ’n S­te­ven Ty­ler-s­tem be­gin sing.

Haar u­nie­ke op­tre­de het die ge­hoor, so­wel as die be­oor­de­laars, se mond laat oop­ge­hang.

Vol­gens Man­del is sy soos Ja­nis Jop­lin.

“O, gits. Jy is nie uit dié era nie,” het hy ge­sê.

Court­ney kon The Voice Kids UK net-net nie wen nie.

Haar ou­pa be­skryf haar as “pyn­lik s­kaam”.

’n Fa­mi­lie­lid sê die tie­ner het die A­me­ri­kaan­se kom­pe­ti­sie ge­kies pleks van die B­rit­se een om­dat die “B­rit­te haar nie ver­staan nie”.

Hul­le is vol ver­troue dat sy goed in die kom­pe­ti­sie sal vaar.

Ho­wie Man­del

Court­ney Had­win

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.