Land op rand van hon­ger­snood

Beeld - - Wêreld-beeld - – Reuters

Ara­bie­se veg­vlieg­tuie en oor­log­ske­pe het Hoe­ti-ves­tings in Je­men se Hodei­da-hawe gis­ter vir die twee­de ag­ter­een­vol­gen­de dag gebombardeer toe ’n Sa­oe­di-ge­lei­de al­li­an­sie pro­beer het om die hoof­ha­we te be­set in ’n ge­veg wat die wê­reld se groot­ste hu­ma­ni­tê­re kri­sis kan skep.

Die Ver­e­nig­de Na­sies (VN) suk­kel om die ont­wrig­ting in die hawe af te weer, aan­ge­sien dit die e­nig­ste le­wens­lyn vir kos­hulp na dié land met sy 8,4 mil­joen men­se is. Die land is op die rand­jie van hon­ger­snood in wat moont­lik die wê­reld se erg­ste oor ge­slag­te heen kan wees. As die si­tu­a­sie nie ver­be­ter nie, kan die ge­tal men­se wat ge­raak word teen die ein­de van die jaar meer as ver­dub­bel tot 18 mil­joen.

Die Ara­bie­se ko­a­li­sie het ook die hoof­pad wat die hawe en die hoof­stad, Sa­naa, ver­bind, gebombardeer om ver­ster­kings te keer, sê in­wo­ners en Je­men­se mi­li­tê­re amp­te­na­re wat teen die Hoe­ti’s is.

Die Iran-ge­steun­de Hoe­ti’s be­heer die hoof­stad en die mees­te van Je­men se be­woon­de ge­bie­de. Die Ara­bie­se sta­te veg reeds se­dert 2014 om hul­le te ont­se­tel, om die uit­ge­we­ke Sa­oe­di-ge­steun­de re­ge­ring te­rug te bring en dit wat hul­le as Iran­se uit­brei­ding sien, te keer.

“Men­se is bang. Die oor­log­ske­pe is skrik­wek­kend en veg­vlieg­tuie vlieg die heel­tyd,” sê A­mi­na (22), ’n u­ni­ver­si­teit­stu­dent wat na­by die hawe woon.

“Men­se vlug uit die stad na die plat­te­land, maar vir die­ge­ne son­der fa­mi­lie of geld is daar geen weg­kom­kans nie.”

Om Hodei­da, die Hoe­ti’s se e­nig­ste hawe, oor te neem, sal die ko­a­li­sie die oor­hand in die oor­log gee, iets waar­mee nie een van die par­tye oor ja­re heen vor­de­ring kon maak nie.

We­ster­se lan­de het stil­weg die Ara­bie­se ko­a­li­sie ge­steun, maar die drei­gen­de hu­ma­ni­tê­re kri­sis kan daar­die steun op ’n his­to­rie­se skaal laat uit­ra­fel. Die VN sê 22 mil­joen Je­me­nie­te be­no­dig hu­ma­ni­tê­re hulp.

Die VN sê hulp sal steeds ver­leen word: “Ons is daar en ons le­wer (hulp), ons ver­laat nie Hodei­da nie,” sê Li­se Gran­de, die VN se ko­ör­di­neer­der vir Je­men.

Die Ara­bie­se sta­te sê hul­le het maat­re­ëls in­ge­stel om te ver­hoed dat die ge­veg in ’n hu­ma­ni­tê­re kri­sis ont­aard. Hul­le be­perk lank reeds in­voe­re na Hodei­da om te ver­hoed dat Iran mis­sie­le na die Hoe­ti’s kan stuur en sê hul­le kan kos­voor­ra­de vin­nig ver­skaf so­dra hul­le die hawe be­heer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.